Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Sharks, Stormers gee die pas aan

2013-02-01 08:14
Tweets Share Share line Print

Die naweek sal ek seker weer in die moeilikheid by vroulief wees omdat daar weer groot rugby op die kassie is.

Die Lions gaan aan Saru se grootbase wil wys watter groot flater hulle begaan het deur beloftes te maak wat hulle nie kon nakom nie, wanneer hulle teen 'n jong Bulls-span te staan kom.

Natuurlik gaan die twee spanne die wedstryd met baie verskillende doele benader. Die Lions wil hul derde agtereenvolgende wedstryd in 2013 wen terwyl Frans Ludeke sy span se diepte wil toets voordat die toernooi in alle erns begin.

Deon Stegmann gaan 'n vreeslike onervare span op die veld lei, maar ondanks die gebrek aan ervaring sal hulle gedugte opponente vir die Lions wees.

Die ander wedstryd van belang gaan die kragmeting in Bloemfontein wees waar die Stormers die Cheetahs pak. Allister Coetzee het ook 'n eksperimentele span gekies vir die wedstryd, hoofsaaklik omdat sy ervare spelers steeds met klein beserings sukkel. Jean De Villiers, Schalk Burger, Tiaan Liebenberg, Elton Jantjies, Rynhardt Elstadt en Siya Kolisi is maar net van die spelers wat nie in vir die naweek oorweeg is nie.

Peter Grant sal ook waarskynlik die Superrugby-openingswedstryd teen die Bulls op Loftus misloop weens sy verantwoordelikheid teenoor sy Japanese klub.

Maar daar is steeds groot slaankrag in die Stormers se beginspan. Gio Aplon, Bryan Habana, Juan de Jongh, Jaco Taute en Duane Vermeulen sal seker maak dat die Kapenaars groot vrae van die Cheetahs se verdediging sal vra.

Vir my is die Stormers en die Sharks die twee voorlopers in die Suid-Afrikaanse konferensie. Ek dink die Sharks, met al hul Springbokke, gaan moeilik wees om in Durban te stuit en met die aanwins van Frans Steyn, lyk hulle middeveld nou weer stewig.

Die Sharks is waarskynlik die Stormers se grootste bedreiging vir die titel van Suid-Afrika se beste Superrugby-span, 'n titel wat die Stormers oor die afgelope twee jaar gehou het. Die span van Durban het verlede jaar 47 drieë gedruk en 31 afgestaan, wat bewys dat hulle ewe goed op verdediging as op die aanval is. Die Stormers kon verlede jaar slegs 28 drieë druk, maar het 'n ongelooflike 21 drieë afgestaan.

Ja nee, Superrugby is om die draai en ek lek nou al my lippe af vir al die opwindende aksie!

 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Sunninghill - 16:11 PM
    Road name: N1 Southbound
    SLOW TRAFFIC between Rivonia Road and the William Nicol Drive exit
  • Tuesday Bedfordview - 16:09 PM
    Road name: N3 Southbound
    STATIONARY VEHICLE in the left lane at the Van Buuren Road exit - DELAYS from Gilloolys Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.