Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

SA-ondersteuners soek opwindende rugby

2013-03-08 07:15
Tweets Share Share line Print

Dit sê baie wanneer die grootste Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners meer uitsien na Nieu-Seelandse derbies bo Suid-Afrikaanse derbies, en ek verstaan hoekom.
 
Verlede naweek se Nieu-Seelandse derby tussen die Blues en die Crusaders was baie meer boeiend omdat hulle die bal lug gegee het, drieë gedruk het en mekaar goed en hard laag gevat het. Dis alles wat 'n mens van Superrugby verwag. In teenstelling met daardie wedstryd, moes die Stormers en Sharks ondersteunders deur 80 pynvolle minute sit en kyk hoe foutbelaaide rugby tussen die 22 m lyne gespeel word. Dit was waarskynlik die eerste keer dat 'n Superrugby-wedstryd teen rustyd tellingloos was.
 
Dit behoort nie so te wees nie, maar ongelukkig is Nieu-Seelandse rugby meer opwindend as die klas rugby wat ons in Suid-Afrika kry... Wel, dis die geval na drie rondes van die 2013-toernooi.
 
Die verbeeldinglose rugby wat ons Suid-Afrikaanse spanne speel pla nie juis vir Bok-afrigter Heyneke Meyer nie. Hy het die afgelope week of wat met die Stormers deurgebring in 'n poging om 'n beter verhouding met die afrigters te kweek en om natuurlik sy insette te lewer oor wat van nasionale belang is.

Meyer het die week aan die media gesê dat Suid-Afrikaanse spanne se spel by die afbreekpunte sal moet verbeter. Hy glo dis waar wedstryde vanjaar gewen of verloor gaan word. Dit sal interessant wees om te sien of dit wel die geval sal wees en of die Bokke ook vanjaar klem daarop gaan lê.
 
Maar terug na Superrugby. Een wedstryd waarin Suid-Afrikaanse spanne betrokke is, wat moontlik lekker gaan wees om te kyk, is dié tussen die Kings en die Sharks in Port Elizabeth. Die Kings het teen die Force gewys dat hulle nie omgee om die bal so bietjie lug te gee nie. Hulle sal waarskynlik die bal so gereeld as moontlik in die vleuel Sergeal Petersen se hande wil kry. Die Sharks sal ook baie meer ekspressief wil wees aangesien die Kings nie juis 'n waterdigte verdediging het nie.
 
Die tweestryd tussen die losskakels Dimitri Catrikilis vir die Kings en Pat Lambie vir die Sharks sal soos gewoonlik deurslagewend wees, maar die tweestryd waarna ek die meeste uitsien is dié tussen die twee kookwater agtstemanne. Die voormalige Sewesbok Jacques Engelbrecht hou Luke Watson uit die beginspan ná 'n puik vertoning twee weke gelede teen die Force, terwyl die Sharks se Ryan Kankowski ook teen die Cheetahs en die Stormers bewys het dat hy sy beste vorm herwin. Verwag groot duikslae en hoë werkverrigting!
 
Die Bulls is op toer en kom teen die Blues te staan. Met Morné Steyn se dodelike skopvoet staan hulle 'n kans, maar hulle sal baie moet verbeter na 'n moeilike wedstryd verlede naweek teen die Force.
 
Die Stormers en die Chiefs is 'n moeilike een om te voorspel. Statistieke toon dat die Stormers agt uit die 14 kragmetings tussen die twee spanne oor die jare gewen het, en omdat dit op Nuweland gespeel gaan word, is die Kapenaars die gunsteling.

Maar hul seisoen het swak begin ná nederlae teen die Bulls en Sharks in die eerste twee weke. Dit word ook nie vir hulle makliker nie. Hulle pak die Crusaders na hul loslootjie volgende week. Vir die Stormers om te wen moet die volgende plaasvind: hulle sal baie beter in die skrums en lynstane moet wees. Dis van uiterse belang om balbesit te behou. Hul hanteerfoute sal ook baie minder moet wees – dit is een van die hoofredes hoekom hulle teen die Sharks verloor het. En Joe Pietersen sal op sy beste moet wees met die skopstewel.
 
Daar's niks fout met hul verdediging nie. Ek dink steeds hulle kan ver kom met hul wedstrydplan – dit het immers verlede jaar vir hulle gewerk, maar hulle sal in alle fasette baie beter moet vaar.

– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Matt Heyns sê... Rassie moet terug kom nadat die vet katte geslag is. Dan sal ek weer Nuweland toe gaan. Anders nooit weer nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Midrand - 13:22 PM
    Road name: N1 Southbound
    ACCIDENT (police vehicle) in the right lane just south of the New Road exit - DELAYS from Olifantsfontein Road
  • Friday Hurlingham - 13:20 PM
    Road name: William Nicol Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Peter Place - expect delays
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.