Morné Esben

Ras steeds ‘n probleem vir sekere ondersteuners

2011-03-29 08:14
Tweets Share Share line Print

Ek het 'n paar weke gelede in een van my rubrieke gepraat van hoe wispelturig Suid-Afrikaners oor sport is.

As ek dit nie mis het nie, was dit nadat die Proteas teen Engeland verloor het.

Hoe dit ookal sy, daardie wispelturigheid het dié week op 'n lelike manier na vore gekom. 'n Sekere Paul van Rosebank het ingebel om sy mening oor die Proteas te gee.

Aan die begin was sy siening dat die Proteas sielkundig nie sterk genoeg was om 'n uitspeel-wedstryd te wen nie en dat hy nie juis verbaas is oor hoe hulle teen Nieu-Seeland gevaar het nie.

Hy't ook bygevoeg dat die Proteas miskien die Black Caps onderskat het.

Dit was te verstane. Hy, soos vele ander Suid-Afrikaners, is kwaad oor hoe die nasionale span hulself in die voet geskiet het. Dit verstaan ek, maar wat daarna uit sy mond gekom het, het my verstand te bowe gegaan.
 
Hy't toe gevra hoekom ons hierdie "losers" vereer en dat hulle 'n klomp mamparras is! Hy't ook gesê dat hy oor die wolke is dat die Proteas nie meer in die wêreldbeker is nie en dat hy elke oggend met hierdie gevoel wakker wil word.

Teen dié tyd was ek briesend, want ek kon nie glo dat daar sulke onbeskofte, bitter en negatiewe Suid-Afrikaners in die land is nie, nog minder in dieselfde stad as ek.

Die ergste was toe hy gevra het hoekom kleurlingmense hierdie groep spelers vereer en wat hulle ooit vir kleurlingmense gedoen het. Van wat ek kon aflui, is hy self ‘n kleurling en ‘n Suid-Afrikaner.

Hy't afgesluit deur te sê dat hy Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners met sy hele hart verag.

Soos u kan verstaan, was ons heeltemal stom deur wat hierdie man te sê gehad het en dat hy moontlik ander mense met sy gedagtes beïnvloed het.

Ja mense, ek verstaan, die Proteas het ons teleurgestel en ons het die reg om kwaad te wees maar om daardeur mense van 'n verskillende rasgroep aan te val vat dit ‘n bietjie te ver en om eerlik te wees is daar nie plek vir sulke mense in Suid-Afrika nie. 

Ongelukkig, ongeag van al die goeie dinge in hierdie land en al die positiewe stappe vorentoe wat ons as die burgers van die land geneem het, is daar steeds mense soos Paul van Rosebank wat bewys dat 'n minderheid in Suid-Afrika ronddwaal wat glad nie verander het nie.

Dis jammer.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.     
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.