Morné Esben

Proteas en Indië lek lippe vir slag van Centurion

2010-12-14 13:56
Tweets Share Share line Print

Die reeks om die As tussen Australië en Engeland word wêreldwyd as die grootste toetsreeks beskou, hoofsaaklik omdat beide spanne so na aan mekaar is in terme van talent. Maar die opkomende reeks tussen die Proteas en Indië – indien dit uitspeel soos almal verwag – kan nog groter word!

Ek het die voorreg gehad om tyd met die Indiese span te spandeer terwyl hulle met net-sessies besig was en ek moet sê afrigter Gary Kirsten het sy spelers soveel inligting oor die Proteas en die verwagte speltoestande as moontlik gegee. ‘n Mens kan sien hy en sy span is honger om vir die eerste keer ooit ‘n toetsreeks op Suid-Afrikaanse bodem te wen.

Kirsten het baie oor die Suid-Afrikaanse kolfblaaie gepraat, veral oor die een op Centurion wat na verwagting meer wip en vaart sal oplewer as van die ander blaaie in die land.

Om dit teen te staan het hy gevra dat die opsigters by sy akademie in Constantia oefenblaaie voorberei wat min of meer soos die verwagte een op Centurion sal speel. Sachin Tendulkar en Rahul Dravid het reeds ‘n paar aflewerings op die lyf gevat, maar hulle sal reg wees vir die eerste toets.

In terme van die Proteas, het hulle verkies om bietjie langer te rus en meer sielkundige voorbereidings te doen. ‘n Groot kwelpunt vir Corrie van Zyl is die fiksheid van kaptein, Graeme Smith, wat steeds sukkel met ‘n gebreekte vinger. Die jongste nuus is dat Smith eers vandeesweek die groenlig sal kry mits hy sonder enige moeite deur die span se net-sessies kom.

Met Smith terug in die span, lyk Suid-Afrika na die beter span op papier. Smith en Alviro Petersen het hulle stempel afgedruk as een van die mees gedugte openingsvenootskappe tans in wêreldkrieket en hulle gaan die reeks teen Indië met groot selfvertroue in ná hul onlangse vertoning teen Pakistan. Hashim Amla is tans Suid-Afrika se beste speler en sy temprament en dissipline maak hom ‘n waardevolle speler. Jacques Kallis en AB de Villiers is pure klas en daar sal baie druk op hulle wees om seker te maak die Proteas teken ‘n trokvol lopies aan.

Die nommer ses kolfposisie is vir my een wat die keurders versigtig na moet kyk.

Ashwell Prince is deesdae ‘n toets-spesialis en het min verkeerd gedoen in die toetse teen Pakistan, maar ek glo JP Duminy sal baie meer waardevol daar wees. Duminy is tans op vorm en bied Smith ook met ‘n tweede draaiboul opsie. In my opinie sal dit baie beter vir die balans van die span wees.

In terme van die boulers is dit nou die tyd vir Dale Steyn om die spinnerakke af te stof en weer op volle vaart begin boul, terwyl Morné Morkel meer bestendig teen die Indiërs moet wees. As hulle twee volstoom inhardloop, kan dit ‘n lang toer vir die besoekers wees!

Ek voel ook Johan Botha het Paul Harris as die nommer een draaibouler in die land verbygesteek en behoort een van die eerste name op die spanlys vir die eerste toets te wees.

Indië het natuurlik ook groot spelbrekers soos die legendariese Tendulkar en Dravid sowel as Harbhajan Singh wie nou ook besef het dat hy so bietjie kan kolf ook. Voeg ‘n paar opkomende jong spelers soos Suresh Raina en Pragyan Ojha by dan lyk hulle net so goed op papier soos die Proteas.

Maar ons almal weet krieket word op gras en nie op papier gespeel nie.
   
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.