Morné Esben

Nuweland nie 'n goeie idee vir WP

2010-10-12 07:34
Tweets Share Share line Print

WP-ondersteuners sal Saterdag kliphard vir die Haaie moet skree in hulle halfeindstryd teen die Blou-Bulle in Durban, pleks van andersom.

Baie mense het al die hoop uitgespreek dat die Bulle die Haaie sal klop, en dat die WP op hulle beurt met die Cheetahs sal afreken om ‘n eindstryd op Nuweland af te dwing, maar ek’s nie 100 persent seker dit sal die beste opsie wees nie.

Die WP moet die Bulle probeer vermy.

Ek glo die WP het ‘n veel beter kans om die Haaie in Durban te klop as wat hulle het om die Bulle op Nuweland te klop. Met die ervaring wat die Bulle teruggekry het, is hulle nou ‘n heeltemal ander span. Die herintegrasie van Bakkies Botha, Victor Matfield, Flip van der Merwe en kie het beslis gewerk teen Griekwas en hulle sal net beter word hoe meer hulle speel.

Dié manne weet hoe om uitkloprugby te speel. ‘n Mens hoef net te kyk na die titels wat hulle die afgelope paar jaar gewen het.

En dis presies hoekom ek bekommerd is dat die Haaie dit miskien nie Saterdag sal kan maak nie. Maak nie saak hoe hard ek vir hulle skree nie, die Haaie is nie die soort span wat goed vaar in uitklopwedstryde nie. Hulle was verlede jaar ook die gunsteling, maar het teen die Cheetahs “gechoke”. Ongelukkig sal daardie stigma vir ‘n ruk lank met hulle bly ongeag hoe die afrigter en spelers dit aflag.

Hulle terugkerende Springbokke het ook nie verlede naweek te waffers teen die WP gelyk nie. Hulle Bok-voorry van Beast Mtawarira, Bismarck du Plessis en Jannie du Plessis moes klippe kou in die skrums teen ‘n vaste vyf wat nog nie een toets gespeel het nie. Dis nogal ‘n verleentheid.

Die Haaie sal waarskynlik spelers soos Jean Deysel en Willem Alberts terughê om die Bulle se verdediging te toets, maar ongelukkig het hulle net nie die ritme om hierdie Bulls-span te oorheers nie.

Dis seker nie goed om vooruit te praat nie want dis nie ‘n uitgemaakte saak dat die WP sy halfeindstryd teen die Cheetahs gaan wen nie. Die manne van Bloemfontein het ook ‘n gewoonte om hulle beste rugby vir die uitspeelrondes te hou, so dit gaan glad nie ‘n maklike wedstryd wees nie.

So goed soos die WP teen die Haaie was, is daar nog heelwat verbetering wat moet plaasvind. Die afrigter, Allister Coetzee, het ná Saterdagaand se wedstryd gebieg dat hulle geleenthede geskep het om nog ‘n paar drieë te druk. Hulle afronding was ‘n groot irritasie vir die toeskouers maar ‘n mens kon dit so half verwag het aangesien daar soveel veranderings aan die span was.

Francois Louw se spel op die grond en in algemene spel sal ook drasties moet verbeter. Hy lyk nie meer soos dieselfde speler sedert hy sy Bok-buiging gemaak het nie.

Hoe dit ookal sy, die WP lyk goed met hulle Springbokke terug en behoort te veel skietkrag vir die Cheetahs te hê. Maar dis die Curriebeker-halfeindronde en enigiets kan gebeur.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.