Morné Esben

Moet Div in pad gesteek word?

2010-09-07 07:59
Tweets Share Share line Print

Die gesigte van Bok-ondersteuners Maandagoggend by die werk het ‘n storie vertel. Van my kollegas het maar net hul kop in skaamte laat sak, ander was woedend en wou hul Springbok-truie verbrand... maar die meerderheid het Peter de Villiers se kop geëis.

Volgens hulle moet die blaam vir die Bokke se vrot vertonings in vanjaar se Drienasie-reeks vierkantig voor sy deur geplaas word. Daar’s geldige redes hoekom hulle so voel.

Eerstens het die Drienasie-reeks bewys dat De Villiers se spankeuses nie die beste is nie. Op die tuis-been van die reeks (toe als reeds vir die Bokke verby was) moes De Villiers van sy jong spelers kans gegee het om speeltyd op hierdie vlak te kry met ‘n oog op volgende jaar se wêreldbeker.

Hulle sou sekerlik nie veel erger as die sogenaamde “eerste span” gewees het nie. Dit sou ook ‘n ideale geleentheid gewees het om sy senior spelers ‘n blaaskansie te gee en in ‘n maand lange kondisioneringsprogram te sit sodat hulle uitgerus en fiks kan wees vir Nieu-Seeland.

Die tweede ding wat baie opvallend was in my gesprekke met my kollegas was die feit dat De Villiers se woorde hom so gereeld in die sop laat beland het.

Sy kommentaar oor die Bees Roux-sage is net die jongste in ‘n hele string sêgoed wat liewers kon gebly het.

Maar is nóú regtig die tyd om De Villiers as Bokafrigter af te dank? Ek glo nie so nie. Dis waar dat hy die tou om sy eie nek geknoop het, maar om nou ‘n nuwe breier aan te stel kan miskien die Bokke meer skade doen as goed.

Buitendien, wie anders is daar wat bevoeg genoeg is om oor te neem?

Ek dink miskien sal dit wys wees om ‘n ou met Jake White se ervaring nader te roep wat miskien in ‘n adviserende hoedanigheid kan uithelp. Maar ek glo nie White se ego sal daarvoor gaan nie.

De Villiers se amptelike prestasieoorsig vind later die maand plaas en ek dink die beste wat daaruit kan kom is dat SARU se topbestuur vir De Villiers sê waarmee hulle en die res van Suid-Afrika ongelukkig is en waar hy en sy bestuurspan moet verbeter. Die senior spelers moet rus en daar moet ernstige aandag aan verdediging gegee word.

Ook, die spel verander elke jaar. Verlede jaar was die Bokke die pasaangeërs in wêreldrugby omdat hulle by die reëlveranderings aangepas het. Nou is dit die All Blacks wat in daardie opsig nommer een is. Die Bokke sal moet uitwerk wat die beste wedstryd-plan is en dit by die wêreldbeker uitvoer. 

As De Villiers en kie aan die groot probleme in die Bokspan kan werk, sal die klein dingetjies hulself uitsorteer. Maar om nou die afrigter te pos sal nie ‘n slim idee wees nie.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.