Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Meyer steur hom nie aan klein rugbyspelers

2012-09-28 07:54
Tweets Share Share line Print

Een ding is nou maar so duidelik soos daglig – Heyneke Meyer steur hom nie te veel aan klein rugbyspelers nie.

Hy't dit tentoongestel met sy jongste spankeuse vir die kragmeting Saterdag teen die Wallabies op Loftus.

Eerstens, moet Meyer geloof word vir die moeilike besluit wat hy geneem het om Morné Steyn die trekpas te gee. Of dit nou heeltemal uit sy eie gedoen is, of hy onder druk geplaas was om dit te doen bly onbekend, maar dis beslis 'n stap in die regte rigting vir SA-rugby.

Johan Goosen neem die leisels oor op losskakel, maar 'n mens kan nie te veel van die jong man verwag nie, omdat hy nog baie groen op die hoogste vlak is. Maar hy's sonder twyfel steeds 'n beter keuse as Steyn.

Die keuse om Jaco Taute op senter te kies het my egter behoorlik laat kopkrap. Teen druktyd was dit nie 'n uitgemaakte saak dat Taute wel sy Bok-buiging in die nommer 13-trui sal maak nie, omdat Frans Steyn tot die laaste moontlike oomblik kans gegun sal word om sy fiksheid te bewys.

Indien Frans fiks is, sal Taute sy plek op die plaasvervangerbank inneem.

Wat egter vir my 'n raaisel is, is die behandeling van Juan de Jongh. Die Stormers-senter het in 2010 sy buiging vir die Bokke gemaak en het reeds 10 toetse gespeel. Hy was ook die kaptein, Jean de Villiers, se sentermaat tydens die Superrugby-toernooi, so dis logies dat hy dan volgende in lyn is indien daar 'n besering op senter is.

Maar Meyer stem nie saam nie. Nee wat, hy sal liewer 'n heelagter wat pas ná 'n lang besering teruggekom en net 'n handjievol Curriebeker-wedstryde gespeel het op senter kies pleks van 'n wedstrydfiks-spesialissenter wat reeds in die groen en goud uitgedraf het.

Vir my is die rede hiervoor duidelik. Meyer sal ten alle koste in sekere posisies 'n groter, sterker speler kies pleks van 'n kleiner speler met meer balvaardighede en beter voetwerk.

Watter boodskap stuur dit aan De Jongh uit?

De Jongh het nog altyd sy lojaliteit teenoor die WP, die Stormers en die Springbokke uitgespreek, maar ek sal nie verbaas wees as daar 'n paar gedagtes oor 'n moontlike skuif oorsee in sy kop ronddwaal nie.

 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Cor Brent sê... van ‘n hoofsaaklik verdigende span, wat hoofsaak staatmaak op die uitbuit van teenstanders, se foute om punte aan te teken, in ‘n aanvallende span te verander, sonder dat die ‘mindset’ van die spelers rondom hom nie saam verander nie. Jy kan nie verwag dat die hele spel patroon wat na seisoen na seisoen ingedril is, oornag moet verander nie en dat een speler dit moet doen nie. Die dae is verby van die tyd dat ek op die platteland gebly het in ‘n klein dorpie en die afrigter jou Vrydagaand bel om te hoor of jy Saterdag beskikbaar sal wees om ‘ n ‘game’ te speel omdat so en so nie beskikbaar is nie. Nevermind of jy fiks genoeg is en wanneer laas jy jou voete op rugbyveld gesit het en jy nie ‘n idee het teen wie gaan speel nie en of die ou kringe om jou gaan hardloop en jou soos ‘n aap gaan laat lyk nie. Die tyd het dus aangebreek vir die Stormers om hul seisoen in oënskou te neem en te herbesin hoe hul van nou af die spel wil speel en dan gebruik maak van die talle skitterende spelers wat hul in die verlede toege laat om weg te kom. Neem dus ‘n bladsy uit Cheetah rugby en jy sal sien dat jy nie ‘n span vol ‘supersterre’ hoef te leen of aan te koop om êrens in die Super 15 te kom nie en jy bereid is om steeds vernuwend oor die spel te dink nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.