Morné Esben

Lions vaar stukke beter

2011-03-01 07:44
Tweets Share Share line Print

Ek kan nie anders as om jammer te voel vir John Mitchell en sy Lions-span nie.

Twee teleurstellende nederlae teen verlede jaar se finaliste – wat hulle baie maklik kon wen – is ‘n bitter pil om te sluk. Ek twyfel sterk of daar ‘n Stormers-ondersteuner is wat voel die Lions het nie Saterdagaand verdien om te wen nie.

Elton Jantjies se naam kom baie op in artikels oor die wedstryd. Baie mense voel hy’s die rede waarom die Lions nie die wedstryde teen die Bulls en die Stormers gewen het nie. Hy’t sovêr net met vier uit sy 10 skoppe pale toe geslaag, en ja, vir ‘n Springbok-losskakel is dit nie goed genoeg nie. Maar is dit regverdig om hom op die bank te laat sit vir die komende wedstryd teen die Blues?

Ek dink nie so nie.

Dis moeilik om presies uit te lig waar Elton se probleem lê. Is dit sielkundig of maar net iets verkeerd met sy tegniek? Persoonlik dink ek sy tegniek is nie heeltemal dieselfde as verlede jaar nie.

Dit was vir my interessant om na Naas Botha se verduideliking oor Elton se tegniek te luister. Volgens Naas is Elton se heupe te vêr voor sy bene, wat beteken hy kry nie die nodige krag op die bal om dit 50 meter ver te skop nie. Ook die hoek waarmee hy die bal tref maak dit moelik vir hom om reguit te skop, wat dan beteken sy visier is nie altyd akuraat nie.   

Indien dit wel sy tegniek is, kan dit gou reggestel word met die hulp van ‘n skop-afrigter. As dit om een of ander rede sielkundig is, kan dit na groter probleme lei. Hy kan sy plek in die Springbok-wêreldbekergroep kwyt raak as hy nie gou sy kop regkry nie.

In my gesprek met die voormalige Bok-losskakel Louis Koen het hy gesê dis beslis nie iets waaroor hy bekommerd is nie.

Hy meen Elton sal binnekort weer sy beste skop-vorm herwin en die Lions tot oorwinnings in die Super Rugby-toernooi lei.

Hy sal hom ook nog ‘n kans gee in die week se wedstryd teen die Blues.

Sy raad vir Elton is om net aan te hou oefen en self probeer uitvind waar sy probleem-areas is en sodeonde sal hy weer die speler wees wat Peter de Villiers se oog verlede jaar gevang het.

Die Lions lyk oor die algemeen heelwat beter onder John Mitchell as wat hulle onder Dick Muir gelyk het en sal beslis dié jaar ‘n paar groot spanne lelik skrik maak.

Kom ons hoop dit begin die naweek teen die Blues in die Leeukuil.

– Morne Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.  
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.