Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Liefde vir die spel tel niks meer

2013-02-18 07:34
Tweets Share Share line Print

Sedert ek kan onthou was ek in een of ander vorm deel van sport.
 
In my laer- en hoërskooldae het ek krieket, tennis en rugby gespeel en het ‘n verskydenheid sportsoorte by stadions of op die kassie gekyk. My eerste werk was as ‘n sportjoernalis en dis daar waar ek die mooi en lelike kant van sport leer ken het.

As kind was sport vir my oor die mededingendheid. Dit was oor vaardighede en om te kyk of jy beter as jou opponent is bloot danksy jou God-gegewe talent en die wil om te wen. Maar in die professionele era het ek geleer dat daardie wil om te wen soms te ver gaan.

Ek het ook verstaan dat geld een van die hoofredes is hoekom atlete en sportsterre soms op ‘n onwettige wyse sport speel.

‘n Paar weke gelede het die fietsry-held Lance Armstrong aan die TV-persoonlikheid Oprah Winfrey onthul hoe hy opkikkers gebruik het om die Tour de France te wen. Armstrong het aan haar gesê dat dit onmoontlik is om die fietstoer sonder die gebruik van opkikkers te wen. Talle ander Tour de France-wenners is reeds van hul titels gestroop nadat dit aan die lig gekom het dat hulle ook opkikkers gebruik het.

Marion Jones, die Amerikaanse naelloper, is nog ‘n hoë-profiel atleet wat verbode middels gebruik het. Sy moes tyd agter tralies deurbring nadat sy steroiede gebruik het om haar te help wen. 

Wedstrydknoeiery is nog iets wat die gees van sport versuur het. Die eerste keer wat ek van wedstrydknoeiery gehoor het was toe die herrie rondom die wyle Proteas-krieketkaptein Hansie Cronje losgebars het. Daar was ook onlangs die storie waarin Pakistanse krieketspelers doelbewus foutballe geboul het tydens hul toer van Engeland. Drie spelers was tronkstraf daarvoor opgelê.

Die bedrogspul rondom die Indiese Premierliga-kriekettoernooi en sy president, Lalit Modi, het ook wêreldwyd nuushooftrekke gehaal.

Daar is talle ander voorbeelde van die gebruik van verbode middels en wedstrydknoeiery, maar wat ek probeer sê is dat dit nou amper “deel” van sport geword het.

Ons skrik nie meer wanneer ons van hierdie soort goed hoor nie. Selfs die skool- en amateurvlak – waar sport in sy ware vorm te siene behoort te wees – is nie meer skoon nie. Ons hoor jaar na jaar oor skoolseuns wat allerhande opkikkers gebruik sodat hulle deur die groot rugby-unies in die land opgeraap kan word.

Dit gaan nie meer oor die liefde vir die spel en om vaardighede teen mekaar op te weeg nie.

Vandag gaan sport oor wen ten alle koste... al is dit onwettig... en dis wat gaan veroorsaak dat sport sy gewildheid gaan verloor.
   
 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.