Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Kings onregverdig behandel

2013-03-01 07:53
Tweets Share Share line Print

Is dit menslik om nie gelukkig te wees vir jou medemens of om nie te wil sien dat hulle goed doen en vooruitgang maak nie?

Ek weet nie, miskien is dit – want as ek so na al die berigte en blogs dié week oor die Southern Kings kyk, wil dit so voorkom.

Die Kings het verlede naweek hul heel eerste Superrugby-wedstryd gewen. Hulle het die Force 22-10 in die Baai geklop en die eerste nuwe span in die toernooi se geskiedenis geword om sy heel eerste wedstryd te wen. Die Rebels en die Force kon dit nie regkry nie. Dit spreek boekdele, maar steeds is daar diegene in die media en op sosiale netwerke wat die Kings om elke hoek en draai neerdruk.

Pleks daarvan dat joernaliste die Kings se vertoning op die speelveld dié week geprys het, het hulle eerder probeer beredeneer hoekom die Kings minstens een keer dié seisoen 'n honderd punte in 'n wedstryd sal afstaan.

Hulle het geskryf dat die Kings nie dieselfde intensiteit sal kan behou nie en dat hulle eenvoudig net nie goed genoeg is om op hierdie vlak mee te ding nie.

'n Ander joernalis het dit goedgedink om 'n storie te skryf oor iets wat reeds verlede week plaasgevind het, en wat boonop geen aanhalings bevat het nie. Die storie het gehandel oor wat die Kings-president, Cheeky Watson, blykbaar in die parlement aan die sport-portefeuljekomitee gesê het. Luidens die berig het Watson gesê hy's "skaam" oor die Kings se "wit" span – maar nêrens in die berig word Watson direk hieroor aangehaal nie.

Ek het na Watson se hele gesprek met die komitee geluister en hy het nooit hiervan melding gemaak nie. Wou die joernalis of koerant net moeilikheid maak? Wou hulle aandag van die Kings se sukses aftrek? En hoekom skryf hulle die berig byna 'n week nadat dit plaasgevind het?

Dis waarskynlik waar dat die Kings gaan sukkel om in vanjaar se toernooi oorwinnings te behaal en dis seker waar dat hulle 'n paar groot nederlae sal lei, maar elke nuwe span gaan in sy eerste jaar sukkel. So as hulle wel wen, moet ons dit aan hulle gun, veral omdat dit nie dikwels sal gebeur nie.

Ek dink ons moes dié week die Kings geluk gewens het met hul oorwinning en saam met hulle bly gewees het en ons moes ook Sergeal Petersen (wat twee drieë gedruk het) se eerste Superrugby-verskyning gevier het.

Maar nee, ons gun mos nooit iets aan enigiemand nie.

 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.