Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Kings gunsteling teen die Force?

2013-02-22 09:05
Tweets Share Share line Print

Superrugby skop die naweek in al sy glorie af (dit het eintlik verlede week begin, maar die twee Aussie-derbies was so vervelig dat dit nie werklik tel nie!)

In terme van die Suid-Afrikaanse spanne kon die toernooi nie met 'n beter kragmeting afskop nie. Die Bulls is tuis teen die Stormers op Loftus en hoewel die Kapenaars nou daaraan gewoond geword het om in Pretoria te wen, sal Frans Ludeke se span glad nie maklik wees om te klop nie.

Die Bulls sukkel met beserings aan sleutelspelers, maar ondanks dié terugslae kon Ludeke steeds 'n Springbok-belaaide span kies vir die groot Noord-Suid-derby.

Die Stormers sal sonder die dienste van hul invloedryke kaptein Schalk Burger wees en sal ook die fisieke teenwoordigheid van die slot Eben Etzebeth mis. Maar nes Ludeke, kon Allister Coetzee ook 'n ster-belaaide vyftiental kies. Die voormalige Lions-spelers Elton Jantjies, Jaco Taute, Pat Cilliers en Martin Bezuidenhout gee die Stormers 'n baie meer afgeronde voorkoms.

Dit gaan 'n taai stryd wees, maar ek dink die Bulls sal net genoeg doen om die Stormers te stuit. Verwag 'n goeie stryd tussen die twee Springbok-losskakels Morné Steyn en Jantjies.

Die tweede wedstryd van die naweek waarna ek uitsien is die buiging van die Southern Kings teen die Western Force in die Baai. Ons is almal reeds bekend met hoe die Kings in Superrugby beland het en die emosie wat daarmee gepaard gaan is reeds op hierdie forum duidelik gemaak, maar ondanks die politiese sameswering en rugstekery is dit op die rugbyveld waar dinge interessant gaan wees.

Die Kings-afrigter het dieselfde begin-vyftiental gekies wat 'n week of wat gelede teen die Griekwas verloor het. Dis eintlik 'n skande dat 'n span wat Superrugby speel teen 'n provinsiale span in die stof gebyt het. Een spankeuse wat my laat regop sit het, was die weglating uit die beginvyftiental van die Nieu-Seelandse veelsydige agterspeler, Hadleigh Parkes.

Die voormalige Blues speler moes in my opinie die nommer-15 of -13 trui gedra het. As jy die nuwe span in 'n toernooi is, kan jy nie bekostig om nie met jou beste spelers te begin nie.

Daar gaan nie 'n beter kans wees vir die Kings om 'n Superrugby-wedstryd te wen as Saterdagaand teen die Force nie. Die Force was maar die afgelope seisoen vrotterig en het reeds verlede naweek teen die Rebels vasgeval. Kom ons hoop vir die land se onthalwe die Kings kan die knoop deurhaak en nie naweek na naweek op die rugbyveld geslag word nie.

– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Pretoria - 13:44 PM
    Road name: Solomon Mahlanug Drive
    ACCIDENT after Waterkloof High School
  • Thursday Pretoria - 13:33 PM
    Road name: N4 Bakwena Highway Both Ways
    ROADWORKS between the M21 Ga Rankuwa exit and Hornsnek Road - HEAVY DELAYS
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Services Cashier / Consultant

South Africa
JDG Trading (Pty) Ltd
Market Related

Executive Reward & Benefits Consultant

South Africa
DAV Professional Placement Group
Market Related

Office Support :Engineering

South Africa
Ikamva Recruitment, Training & Business Development
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.