Morné Esben

IPL móét beste ooit wees

2010-03-09 08:36
Tweets Share Share line Print

Organiseerders van vanjaar se Indiese Premierliga beter hoop dat die krieket gedurende die toernooi die beste ooit is.

Die IPL skop dié naweek af maar al wat ons tot dusvêr oor die toernooi gehoor het is hoe bang die Aussies, Suid-Afrikaners en spelers van ander lande is om in Indië te gaan speel.

Daar was selfs sprake dat die Aussies die toernooi sou boikot.

Die Proteas-kaptein, Graeme Smith, was ook nie optimisties om daar te speel nie, nadat daar dreigemente teen die toernooi gemaak is.

Die legende Shane Warne het op Twitter gesê dat hy self twee keer sal dink voor hy hom by die Rajasthan Royals sal aansluit, maar het dit sommer gou weer teruggetrek en gesê hoe lief hy vir Indië is.

Lalit Modi het seker ‘n paar woorde in sy oor gefluister, iets in die lyn van “… jy kan van jou wen-bonus vergeet as jy aanhou om hierdie twak oor my toernooi te praat… “

Daar word tans te min oor die krieket en te veel oor die sekuriteit gesê in die aanloop tot die IPL, wat eintlik teleurstellend is. Die voormalige Proteas-afrigter, Eric Simons, is as die Delhi Daredevils se boul-afrigter ingespan maar was daar iets hieroor gesê? Nie juis nie.

Wat’s nuut in vanjaar se IPL? Wie is die groot aanspraakmakers vir die titel? Kan die Deccan Chargers dit weer doen?

Nuus soos hierdie word daar nie oor geskryf nie maar ons lees amper daagliks oor wie wat te sê het oor die veiligheids-situasie in Indië.

Vir die toeskouers en krieketliefhebbers is dit belangrik dat die krieket skouspelagtig is, want sal dit almal laat vergeet dat daar wel ‘n veiligheidsrisiko was. Dit sal ook goed wees vir die toekoms van die toernooi, maar Modi en sy span sal eenvoudig baie vroeër met die veiligheidsowerhede moet gesels om seker te maak dat al die spelers veilig is en dat daar planne in plek is vir enigiets wat moontlik skeef kan loop.

As dit nie gebeur nie, sal al die geld in die wêreld nie die toernooi tot sy aanvanklike glorie herstel nie.

As dit als in orde is, sal die media nie ‘n ander keuse hê as om net op die krieket te fokus nie.


– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

johan.swarts sê... Jy klink soos 'n laerskoolkind. Kan ek vir jou 'n roomys aanbied? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.