Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Hougaard se toekoms onseker

2012-09-07 07:48
Tweets Share Share line Print

Na 'n week lange blaaskans is die Rugbykampioenskap weer op dreef, met die Poemas wat Saterdagoggend die All Blacks pak, gevolg deur die stryd tussen die Bokke en Australië.

Heyneke Meyer het nie, soos verwag, met die snoeisker ingelê nie, maar hy't wel 'n paar belangrike veranderings gemaak.

Ek is bly dat die Kapenaar Duane Vermeulen uiteindelik sy kans in die groen en goud kry. Ons praat nou al vir drie of vier seisoene lank oor sy Bok-gehalte en as dit nie vir 'n rits ernstige beserings was nie, sou hy waarskynlik baie vroeër sy Bok-buiging gemaak het.

Vermeulen speel egter slegs 'n paar weke lank ernstige rugby nadat hy van 'n kniebesering herstel het, so daar heers kommer oor sy gereedheid vir toetsrugby. Francois Louw is op die plaasvervangerbank en miskien sou hy 'n beter opsie vir Meyer gewees het.

Nes Vermeulen, is Louw groot en sterk en presteer goed as 'n baldraer, maar waar hy miskien 'n voordeel oor Vermeulen het is dat hy ook goed by die afbreekpunte is. Dis juis 'n gebied waar Meyer se Bokke vanjaar tot dusver gesukkel het. Tog sal Vermeulen geen span in die steek laat nie.

Andries Bekker word beboet vir sy swak lynstaanspel in die gelykopuitslag teen Argentinië in Mendoza en word deur die Bulle se Juandre Kruger op slot vervang. Bekker se rug is ook glo 'n kommer vir die Bok-bestuur. 

Juandre Kruger en Eben Etzebeth word vir die eerste keer sedert die reeks teen Engeland herenig.

In die grootste verandering, begin Ruan Pienaar op skrumskakel in plek van die sukkelende Francois Hougaard. Maar pleks daarvan dat Hougaard die bank warm hou, word hy na die linkervleuel geskuif, met Lwazi Mvovo wat wegval.

My aanvanklike reaksie was een van woede omdat Mvovo baie min verkeerd gedoen het en dikwels vir werk gaan soek het, maar toe ek nugter daaroor besin het ek besef dat dit waarskynlik die beste ding vir Hougaard sal wees. Ons het almal reeds sy vermoë op die vleuel gesien en ek dink hy sal baie meer van 'n impak in die nommer 11-trui maak.

Is dit dalk die einde van Hougaard se loopbaan as 'n internasionale skrumskakel? Ek dink so, Hougaard se spelpeil tydens Superrugby en die toetsreeks teen Engeland was nie goed nie.

Sy taktiese skopwerk is glad nie op standaard nie en word dikwels afgestorm. Hy word ook baie by losgemale in besit betrap. Dit het hoofsaaklik te doen met die feit dat die Bokke tans power by die afbreekpunte is.

Maar op die vleuel sal Hougaard baie meer kans kry om op die opposisie af te storm en om sy kenmerkende systap uit te voer.

Dis nog te vroeg om te sê of Meyer se eksperiment op toetsvlak sal werk, maar as dit wel werk, sal dit Meyer op sy briljante bes wees.
  
 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Florida Park - 06:34 AM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working between Florida Park and Bergbron - expect heavy delays leaving West Rand area
  • Friday Pretoria - 06:30 AM
    Road name: Paul Kruger Street / Mansfield Avenue Southbound
    SLOW TRAFFIC between Pretoria North and Eloffsdal
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.