Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Hoe gemaak met dié Springbok-kopseer?

2012-07-27 07:00
Tweets Share Share line Print

Dit gons behoorlik oor die naweek se Superrugby-halfeindstryde tussen die Stormers en die Sharks sowel as die Crusaders en die Chiefs, maar my aandag en kommer is reeds by die Rugbykampioenskap.

Argentinië sluit vanjaar by die Springbokke, die Wallabies en die All Blacks aan in dié toernooi.

Alhoewel die Bokbreier Heyneke Meyer ‘n suksesvolle eerste reeks agter die rug het, gaan sy span se vertoning in die Rugbykampioenskap bepaal of hy wel die regte keuse as Springbokafrigter is.

Waar Meyer nou behoorlik kop krap is losskakel. Sy eerste keuse, Morné Steyn, beleef ‘n nagmerrie-seisoen en dit sal interessant wees om te sien of hy met dié Blou Bul sal volhard. Steyn het nie ‘n goeie begin aan die Superrugby-seisoen gehad nie, maar daar was gehoop dat hy weer sy vorm sou vind in die Groen en Goud. Dit het ongelukkig nie gebeur nie.

Die sukses van Meyer se wedstrydplan hang van ‘n losskakel met ‘n goeie skopvoet af, maar ongelukkig het Steyn die Bokke teen Engeland teleurgestel.

In die laaste paar rondes van die Superrugby-toernooi het dit ook nie veel beter met Steyn gegaan nie. In die uitspeelwedstryd teen die Crusaders was hy veral power, wat baie tot die mening gelei het dat Steyn se toetsloopbaan vir eers op ys gesit moet word. 

Kom ons kyk dan na die alternatiewe.

Vir my sit Suid-Afrika se beste losskakel steeds by die huis met ‘n besering. Die Cheetahs se Johan Goosen het ‘n ernstige skouerbesering opgedoen en was vir maande lank langs die kantlyn, maar sy Cheetahs-spanmaat Andries Strauss het die week op Twitter gesê dat Goosen teen die vierde ronde van die Curriebekerreeks weer reg vir aksie sal wees.

Ongelukkig is dit te laat vir hom om deel van die groep te word en ‘n noemenswaardige impak te maak.

Die Stormers se Peter Grant beleef nog ‘n droomseisoen en sy akkurate skopvoet het reeds baie wedstryde vir die Stormers gewen. Hy het reeds onder Peter de Villiers se bewind die Springbokgroep gehaal maar het ongelukkig nie veel speelkans gekry nie. Dit lyk ook nie asof Meyer te veel ooghare vir Grant het nie.

Hy sal weereens sukkel om die groep te haal.

Die enigste ander opsie is die Sharks se Patrick Lambie. Hy was die seisoen bestendig, alhoewel hy baie tussen losskakel en heelagter rondgeskuif was. Hy is egter deur Meyer beloon en weet presies wat die Bok-breier van sy spelers vereis. Hy verstaan die wedstrydplan sowel as die verdedigingspatrone, so hy sal baie maklik inskakel.

Dis natuurlik nie ‘n uitgemaakte saak dat Steyn wel sy plek in die beginspan sal verloor nie. Elke afrigter het maar sy gunsteling. Onder Jake White was dit Chiliboy Ralephele, onder Peter de Villiers was dit Ricky Januarie en wie weet, dalk is Meyer se gunsteling Morné Steyn.

Hoe dit ookal sy, kom ons hoop Meyer maak die regte besluit vir Suid-Afrikaanse rugby.   

Wie dink jy is die beste plaasvervanger vir Morne Steyn in die komende Rugbykampioenskap? Hoekom?

– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.