Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Groot verwagtinge vir sport in 2013

2012-12-14 07:15
Tweets Share Share line Print

Soos 2012 ten einde loop, is dit tyd om oor die hoogte- en laagtepunte van die jaar te besin, en ek het besluit om my laaste twee rubrieke van die jaar te gebruik om terug te kyk na die sportjaar wat agter die rug is.

Dié week wil ek eers kyk waarheen sport in Suid-Afrika op pad is, voordat ek my toptien-sportoomblike van 2012 kies.

Kom ons begin by rugby. Heyneke Meyer is vanjaar aangestel om die Bokke te lei en ek is seker almal sal saamstem dat 2012 vir Suid-Afrikaanse rugby wisselvallig en soms uiters teleurstellend was. Meyer het onder groot kritiek deurgeloop oor die Bok-span se spelpatroon en sy spankeuses en in 2013 sal hy weer onder die vergrootglas geplaas word.

My hoop is dat Meyer se volgende bou-blok die Bokke se aanval is, want dis op die aanval waar hulle veral swak gevaar het. In 2012 was sy fokus om 'n groep spelers te ontwikkel en om 'n soliede verdedigingspatroon in te stel. Tot 'n mate het hy daarin geslaag, maar nou moet die Bokke begin drieë druk om toeskouers weer lus te gee om die span te ondersteun.

Op die krieketveld loop dinge baie meer vlot. Die Proteas is tans die wêreld se beste toetskrieketspan en wen deesdae meer eendagwedstryde as wat hulle verloor.

'n Effense swart merkie is die Proteas se T20-vertonings. Ons moet net terugkyk na die onlangse T20-wêreldbeker om te besef dat ons nog ver van die beste in hierdie formaat is.

Dit blyk of Gary Kirsten saamstem. Hy't sy hulpafrigter, Russell Domingo, opdrag gegee om nuwe lewe in die T20-span te blaas en dis presies wat hy gedoen het met die insluiting van spelers soos Quinton de Kock, Henry Davids en Aaron Phangiso vir die komende reeks teen Nieu-Seeland.

Kirsten het besef dat Suid-Afrika 'n spesialis T20-span nodig het om in hierdie weergawe van die spel suksesvol te wees. So in 2013 sien ek uit na groot dinge van hierdie span.

En dan, Bafana Bafana. Suid-Afrika was nooit 'n wêreldmag in sokker nie en dit sal waarskynlik nie binne die volgende paar jaar gebeur nie, maar die aanstelling van Gordon Igesund is 'n positiewe een. Hoewel die span se uitslae sedert hy oorgeneem het, nie watwonders was nie, glo ek hy't die vermoë om Bafana Bafana weer 'n gedugte span in Afrika te maak.

Nes die wêreldbeker in 2010, hoop ek dat die Afrikanasiesbeker, wat volgende jaar in Suid-Afrika plaasvind, die span sal aanspoor om hul beste te lewer. Bafana, in 2013 staan ek agter jou.

– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.