Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Faf moet voortbou op skittervertoning

2012-11-30 07:15
Tweets Share Share line Print

Faf du Plessis is die nuwe held in Suid-Afrikaanse krieket ná sy skittervertoning in sy debuut-toets teen Australië verlede week.

Ek kan my nie indink dat hy nie 'n permanente plek in die toetsspan sal hê nie.

Deesdae is dit bitter moeilik om by die Suid-Afrikaanse toetsspan in te breek omdat daar eenvoudig soveel groot name is.

Kallis, Smith, De Villiers, Amla, Steyn, Philander en Morkel is name wat jy so te sê in elke Proteas-toetsspan sal sien en as gevolg daarvan is daar slegs 'n paar posisies waaroor daar onsekerheid heers.

Dis wat Du Plessis se vertoning so spesiaal maak. Hy's nie 'n klassieke toetsspeler nie en tegnies gesproke is hy nie die topspeler nie, maar wat hom die voordeel oor ander jong spelers gee is sy geestestoestand. Sy konsentrasievermoë was in die tweede toets teen Australië soms ongelooflik en hy't als wat die Aussies in sy rigting gegooi het, absorbeer.

Nog groot pluspunte vir Du Plessis is dat hy 'n draaiboul-opsie is en dat hy een van Suid-Afrika se bobaas veldwerkers is.

So wie se plek sal Du Plessis op 'n meer permanente basis kan volstaan? Alviro Petersen en JP Duminy (voor sy besering) speel ook oor die afgelope seisoen of twee goeie krieket, so hulle plekke is redelik veilig, maar een speler wie se toetsloopbaan in gedrang is, is Jacques Rudolph.

Rudolph het nie tot dusver in Australië enige noemenswaardige bydrae gelewer nie en kon slegs een keer in die 16 toetse sedert sy terugkeer na toetskrieket 'n honderdtal aanteken.

Nog 'n teleurstellende toets sal amper verseker dat Rudolph nie gou weer 'n toets vir Suid-Afrika sal speel nie.

Ek hou van Rudolph. Ek dink hy's tegnies baie goed en lyk na 'n soliede toetsspeler, maar in 'n Suid-Afrikaanse top-orde waar spelers soos Amla en Kallis gereeld groot lopies aanteken, word 'n speler wat nie so goed vertoon nie onder die vergrootglas geplaas.

Hy's ongelukkig tans sonder twyfel die swakste skakel in die Suid-Afrikaanse kolforde.

Vir Du Plessis is die groot toets nou om voort te bou op sy vertoning in die tweede toets om te bewys dat hy wel sy plek in die span verdien en nie slegs as 'n plaasvervanger speel nie.

Die derde en laaste toets van die Proteas se Australiese toer begin vandag en sal tot die vierde Desember voortduur – dis nou as die toets oor al vyf dae sal strek.
 
 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.