Morné Esben

Dit gaan sleg, maar…

2010-07-20 08:05
Tweets Share Share line Print

Die Suid-Afrikaanse rugbypubliek is in rep en roer oor die Springbokke se jongste nederlaag teen die All Blacks, en ek blameer hulle glad nie.

Die Bokke het vinning van hulle troon af geval en die gevaarligte flikker nou met die wêreldbeker net om die draai.

‘n Paar dinge het my gepla in die Wellington toets.

Eerstens: skeidsregter Alain Rolland was absoluut power. As ek hom eers oor tien jaar weer in beheer van ‘n rugbytoets sien, gaan dit steeds te gou wees!

Hoeveel “finale” waarskuwings moet Richie McCaw kry voordat hy ‘n geelkaart gewys word? Ek het minstens twee keer getel wat Rolland vir McCaw een van hierdie sogenaamde laaste waarskuwing gee. Soos ek dit verstaan, na ‘n finale waarskuwing MOET ‘n speler koelkas toe gestuur word. Pateties!

Rolland was egter baie gretig om die kaart uit sy sak te haal toe Danie Rossouw sy voet in McCaw se rigting beweeg het. Hoekom dan geen waarskuwing vir Danie nie? Of moes Danie beboet word omdat hy die Springbok nommer 4 trui dra?

Weer het die All Blacks punte aangeteken en weer was die Bokke op die agtervoet.

Die Springbokke sou steeds die wedstryd verloor het as Dan Carter nie soos die ou-ballie by my rugbyklub geskop het nie. Indien hy met al sy skoppe geslaag het, sou die telbord veel erger as die 31 – 17 getoon het.

Die tweede ding wat vir my baie opvallend was, is die feit dat baie van die “senior” spelers in die span plat op hulle voete gelyk het.

Hoewel John Smit ‘n baie beter toets as verlede week gehad het, is ek steeds bevrees hy kom nie die mas op as ‘n internasionale haker nie. Smit se lynstaan-werk is nie wat dit ‘n jaar of twee gelede was nie, en hy beteken niks op die aanval nie.

Ons almal weet dat Victor Matfield die wêreld se lynstaan-koning is, maar meer as dit kry ons nie uit die ou grote nie. Nes Smit, is hy nêrens in gebroke spel nie, en as hy wel probeer hardloop word hy in sy spore gestuit.

Schalk Burger en Bryan Habana is nog twee spelers wat dalk nie die mas by volgende jaar se wêreldbeker-toernooi sal opkom nie.

Schalk is nie die speler wat hy was toe hy sy aankoms in wêreldrugby gemaak het nie. Hy’s nie ‘n baljagter nie en behoort plek te maak vir Heinrich Brussouw wanneer hy weer fiks is. Habana beskik nie meer oor sy ou vaart nie en dit wil voorkom asof hy so effe gemaklik begin raak met sy posisie in die span. Ek wil weer sien hoe hy sirkels om die opposisie hardloop, nie net wanneer hy afskoppe jaag nie.

Ruan Pienaar behoort nou by Ricky Januarie oor te neem.

Ek’s moeg daarvoor om vir Januarie te verdedig. Hy maak net nie vinnig genoeg agter die skrums en losskrums skoon nie. Pienaar het baie skerper agter die pak gelyk, maar ek sal dit verkies as hy net die bal vinning skoonmaak en nie probeer om te veel self te doen nie. Gee vir Morné Steyn vinnige, skoon bal en laat die skopwerk aan hom oor.

En dan is daar natuurlik die afrigter. Baie mense sê sy tyd staan na die einde se kant toe en dat dit nou die ideale geleentheid sal wees om hom in die pad te steek.

Miskien is hulle reg. Miskien is dit tyd om ‘n afrigter te kies wat braaf genoeg is om die nodige veranderings te maak voor die 2011-toernooi, maar as ons terugkyk op die Bokke se uitslae in 2006 onder Jake White, het dit ook maar sleg gegaan.

Hulle het ‘n toets teen Frankryk op Nuweland verloor, daarna was hulle 49 – 0 deur die Aussies getrap en toe die volgende week het hulle teen die All Blacks in Wellington vasgeval. Na dit het hulle nog toetse teen die All Blacks, Australië en Engeland verloor, maar tog kon hulle dinge omdraai en in 2007 die wêreldbeker lig.

So, ons hoef nie op sak en as te wees oor ons geliefde Springbokke nie. Kom ons ondersteun hulle en glo die span is goed genoeg om volgende jaar hulle kroon in Nieu-Seeland te verdedig.    

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.