Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Boucher se uittrede groot verlies, maar...

2012-07-13 07:50
Tweets Share Share line Print

Mark Verdon Boucher was sonder twyfel een van Suid-Afrikaanse krieket se blinkste sterre.

Hy't 999 internasionale slagoffers platgetrek – 'n rekord wat nie sommer verbygesteek sal word nie. Hy't ook meer as 10 000 lopies in sy internasionale loopbaan aangeteken. Iemand van sy kaliber sal 'n mens nie sommer weer kry nie.

Boucher het dié week sy uittrede uit internationale krieket aangekondig na 'n fratsongeluk tydens 'n opwarmingswedstryd in Engeland. 'n Balkie het opgeskiet en sy oog getref, waarna hy 'n noodoperasie moes ondergaan. Hy't in 'n verklaring gesê dat hy weens die erns van sy besering nie meer vir die Proteas kan speel nie.

Wat nou vir die Proteas?

Wel, die Lions-paaltjiewagter Thami Tsolekile is op pad Engeland toe as Boucher se amptelike plaasvervanger, hoewel daar 'n skraal kans is dat hy wel speelkans sal kry. AB de Villiers sal in die eerste toets, wat volgende Donderdag by die Oval begin, die paaltjiewagterwerk waarneem en sal dit waarskynlik vir die res van die toer volhou. Baie mense het Tsolekile se insluiting bevraagteken en gesê ander spelers, soos die Cobras se Dane Vilas en die Dolphins se Darryn Smit, sou beter opsies gewees het.

Tsolekile is egter deur Krieket Suid-Afrika gekontrakteer en dis niks minder as reg om hom as plaasvervanger op te roep nie. Hy is immers die SA "A"-span se paaltjiewagter. Of hy wel speelkans sal kry, is 'n ander vraag.

Met AB de Villiers agter die paaltjies gee dit vir afrigter Gary Kirsten 'n bietjie meer vryheid om 'n spesialis-kolwer of veelsydige speler in die span te sit. 'n Speler soos JP Duminy, wat die afgelope seisoen in goeie vorm met die kolf was, kan uiteindelik sy kans kry om sy plek in die Proteas-toetsspan te vestig. Duminy bied Kirsten ook 'n ekstra boul-opsie, wat handig in Engelse toestande kan wees. Om die waarheid te sê, dis waarskynlik beter vir Suid-Afrika omdat Boucher nie juis die afgelope tyd sy beste spelpeil met die kolf getoon het nie.

In sy laaste drie toetse het Boucher tellings van 46*, 24 en 34* aangeteken.

Boucher sal beslis 'n groot verlies vir Suid-Afrikaanse krieket wees, maar miskien is dit net die noodlot se manier om die Proteas weer bo aan die internasionale toetsranglys te help kry.

– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.     
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.