Morné Esben

Bokke se WB-plan begin nou

2010-08-31 07:47
Tweets Share Share line Print

Ek kan nie onthou wanneer laas ‘n Springbok-toetsoorwinning my so hol in die maag laat voel het nie.

Die Bokke het Australië 44 – 31 op Loftus geklop en hulle eerste oorwinning in vanjaar se Drienasie-reeks behaal.

Vir diegene wie nie rêrig rugby volg nie, sou die nege drieë wat in die wedstryd aangeteken was, nogal opwindend gewees het, maar vir rugby-skrywers en kenners het dit uitgelig dat die Bokke nie só die Wëreldbeker kan verdedig nie.

Die spelpatroon wat beide spanne aangeneem het was duidelik om baie meer met bal in die hand te speel en dis hoekom daar soveel drieë gedruk is. Maar wat het geword van die verdediging?

So goed soos die Wallabies op Loftus was, kan Robbie Deans nie gelukkig met sy span se verdediging wees nie; dieselfde geld vir Peter de Villiers. In die aanloop tot James O’ Connor se eerste drie, het Kurtley Beale lag-lag die Bokke se verdedigingslyn oopgesny en selfs nadat hulle gekeer het dat Rocky Elsom oor die lyn val, was die Bokke se dek-verdediging nêrens te vinde nie.

Jaque Fourie het ‘n keer of wat in die middeveld bres geslaan en dit het half gelyk asof die Wallabies nie rêrig lus gehad het om duikslae uit te voer nie.

As ‘n mens weer die wedstryd kyk, sal jy oplet dat daar ‘n hele klomp voorbeelde is van swak verdediging van beide kante. Die verskil tussen die Springbokke, die Wallabies en die All Blacks is dat die laasgenoemdes ook ‘n aanvallende spelpatroon onwikkel het, maar hulle verdedigingstelsels is net soveel beter (alhoewel dit dikwels buite die reëls val).

Die All Blacks gaan sukkel om die Wêreldbeker in Nieu-Seeland te verower want ‘n aanvallende spelpatroon is nie die antwoord nie. ‘n Meer konserwatiewe benadering soos die wat die Bokke in 2007 in plek gestel het gaan vir jou die groot wedstryde wen.

Ek sal graag wil sien dat die Springbokke daardie manier van speel weer inbring en daaraan skaaf tot die Wêreldbeker afskop. Dit het nie vir hulle so ver in die Drie-Nasies gewerk nie, bloot omdat die All Blacks en die Wallabies baie meer aanvallend was maar hulle sal ook vinning besef dat dit nie ‘n wêreldbeker sal wen nie.

De Villiers het ook nou die ideale kans om sy diepte vir die Wêreldbeker op die proef te stel en sodoende kan spelers soos John Smit, Victor Matfield, Schalk Burger, Bryan Habana en Pierre Spies die rus kry wat hulle nodig het. Hy’t self na die wedstryd aan Bob Skinstad gesê dat sy spelers meer as die nodige 1600 minute die seisoen rugby gespeel het en dat hulle bestuur moet word.

Dis nou die tyd!

Bismarck du Plessis, Beast Mtawarira, Ryan Kankowski, Francois Louw, Juan de Jongh, Gio Aplon, Bjorn Basson, Jano Vermaak en Ashley Johnson is die soort spelers wat nou deurgebring moet word en meer speelkans op top-vlak kry. Daar is ander spelers wie ek nie genoem het nie wat ook in aanmerking kan kom.

Teen die tyd dat die Wêreldbeker afskop, moet De Villiers ‘n groep spelers het wat hy met vertroue in ‘n half-eindstryd of eindstryd op die veld kan stuur.

Die Wêreldbeker moet nou die fokus van die Bokke begin word en as De Villiers ernstig is oor die toernooi, beter hy Saterdag teen die Wallabies in Bloemfontein reeds aan sy spelpatroon en diepte begin werk.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.