Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Bokke kán Kiwi's klop

2012-09-14 07:00
Tweets Share Share line Print

Ek wil nie graag vergelykings tref tussen Heyneke Meyer en Peter de Villiers nie, maar beide afrigters was met die rug teen die muur vroeg in hul Bok-loopbane.

Meyer se Bokke durf Saterdag die All Blacks in Dunedin aan en daar's nie baie mense wat die Bokke 'n kans gee nie. Die All Blacks is sonder twyfel die pasaangeërs in die rugbywêreld en dis bittermoeilik om hulle in hul agterplaas te klop.

Soos ons egter verlede naweek gesien het, het die Argentyne die All Blacks klippe laat kou, veral in die eerste helfte. Ongelukkig het die Poemas se asem min geword. Nieu-Seeland kan geklop word as hulle gedurig onder druk geplaas word en nie die vryheid gegun word om hulle wedstrydplan uit te voer nie.

Terug na die vergelyking tussen Meyer en De Villiers.

De Villiers se Bokke het in 2008 na Nieu-Seeland gereis vir twee agtereenvolgende toetse teen die All Blacks in Wellington en Auckland. Hulle het in die eerste toets 19-8 in die stof gebyt, maar het in die tweede toets al hul kragte saamgesnoer en die All Blacks behoorlik laat sweet, maar dit het een briljante oomblik geneem vir die Bokke om daardie toets te wen.

Die skrumskakel Ricky Januarie het in die doodsnikke 'n ongelooflike individuele drie gedruk om die wedstryd vir die Bokke te wen.

Nes Meyer, was De Villiers onder groot druk, met kenners en joernaliste wat sy aanstelling as polities beskryf het, en gesê het dat hy uit sy diepte is op internasionale vlak. Hy't dit egter reggekry om sy spangees hoog te hou, wat gelei het tot die Bokke se eerste oorwinning in Nieu-Seeland in tien jaar. Onder De Villiers het die Bokke ook die All Blacks drie keer in een seisoen geklop.

Meyer se aanstelling word ook nou deur kenners en joernaliste bevraagteken, maar vir baie verskillende redes. Meyer word gekritiseer oor sy stampkar-benadering en spankeuses en word daarvan beskuldig dat hy Suid-Afrikaanse rugby agtertoe neem pleks van vorentoe. Nes met De Villiers is dit egter nou die tyd vir Meyer om sy spangees hoog te hou en om die spelers te laat glo dat hulle hierdie toets kan wen.

Die spelers moet absoluut daarvan oortuig wees. Indien nie, gaan dit 'n lang dag vir die Bokke wees.

Ons almal weet Heyneke Meyer is 'n rugby-meesterbrein en 'n toets teen die All Blacks in Dunedin is die beste plek om dit te bewys.
    
 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Financial Manager - Corporate Banking

Johannesburg
The Personnel Concept
R800000 - R900000

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.