Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Bokke benodig X-faktor vir Rugbykampioenskap

2012-08-17 09:30
Tweets Share Share line Print

Ná twee weke van opwindende aksie by die Olimpiese Spele in Londen, is dit nou weer tyd vir meer tradisionele sport om sy plek in die kollig te neem.

Dit voel soos 'n ewigheid sedert Manchester City die Engelse Premierliga-sokker gewen het. Dieselfde geld vir Orlando Pirates wat die plaaslike sokker kampioenskap verower het, maar dis nou iets van die verlede. Die nuwe sokkerseisoen is onderweg en ek kan nie wag nie!

Maar dis nie al waaroor ek opgewonde is nie. Internasionale rugby is weer die naweek op die kassie met die Rugbykampioenskap wat op Nuweland afskop. Ons sal weer ‘n kans kry om te sien of Heyneke Meyer se Springbokke al ‘n nuwe identiteit en wedstrydplan ontwikkel het, ‘n plan wat hopelik weer vir Suid-Afrika in die toernooi sal laat seëvier.

Ek het reeds my kommer oor die Bokke en spesifiek oor Morné Steyn se spelpeil op hierdie platform gelug, so ek sal dit nie weer doen nie, maar dit sal interessant wees om te sien presies hoe en waar Meyer sy spelers sal inspan.

Meyer het in die toetsreeks teen Engeland spelers gekies wat hy geken het, spelers wat bekend is met hoe hy te werke gaan, hoofsaaklik omdat hy bittermin tyd gehad het om voor te berei. Vir die Rugbykampioenskap het hy grotendeels dieselfde groep gekies.

Terwyl baie Bok-ondersteuners glo dat Meyer se groep ietwat blou lyk, kan ‘n mens nie juis met sy spankeuse stry nie. Die span wat hy Saterdag op die veld sit behoort maklik genoeg koning te kraai.

Die Bokke se wedstrydplan het teen die Engelse so bietjie van ‘n X-faktor gemis en was soms vreeslik vervelig. Maar, soos ek vroeër gesê het, jy kan nie juis met die uitkoms daarvan stry nie.

Nou dat hy so 'n bietjie meer tyd met sy span gehad het, kan ‘n mens net hoop dat Suid-Afrika 'n bietjie meer opwindend op die aanval sal wees en dat hulle ‘n nuwe identiteit aan die toeskouers bekendstel.

Die pak voorspelers sal beslis ‘n groot rol speel in hierdie nuwe, opwindende benadering. As hulle nie voorlangs die grondslag kan lê nie, sal dit maar bitter moeilik vir ouens soos Frans Steyn en Bryan Habana wees om enigsins aanvalle te loods.

So gepraat van die agterlyn, dit lyk asof daar ‘n opwindende spankeuse op die regtervleuel kan wees. JP Pietersen het sy duim in die Superrugby-eindstryd beseer en speel nie in Saterdag se toets nie, so Pietersen se spanmaat, Lwazi Mvovo, sal die nommer 14 trui teen die Poemas sal dra.

Indien die voorspelers hul werk doen en Steyn weer sy beste vorm herwin, glo ek sonder twyfel dat die Bokke se agterlyn die drieë teen Argentinië sal inryg en hopelik aangaan om die All Blacks behoorlik om vanjaar se titel die stryd aan te sê.

– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter. 
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.