Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Basta met bohaai oor ras in krieket

2013-01-11 07:58
Tweets Share Share line Print

Krieket Suid-Afrika moet sy huis in orde kry, want die organisasie is die enkele grootste bedreiging vir die sukses van die nasionale span.

Ek sien die groot koppe by KSA dink nou daaraan om die kwota-stelsel weer in te stel omdat daar glo nie genoeg etniese swart spelers in die span is nie. Dis natuurlik suur druiwe nadat Thami Tsolekile vanjaar nie in 'n enkele toets gespeel het nie, ondanks die feit dat hy deur KSA gekontrakteer was.

Dis waar dat daar beloftes aan Tsolekile gemaak is en dis waar dat daardie beloftes nie nagekom is nie, maar om skielik vir die terugkeur van die kwota-stelsel te vra is miskien effe oordrewe.

Die Proteas het oor die afgelope 18 maande bloed gesweet om sukses te behaal en om die wêreld se toptoetskrieketspan te word. Om nou die kwota-stelsel terug te bring sal absoluut waansinnig wees en sal waarskynlik al die span se harde werk ongedaan maak.

Die kwota-stelsel sal nie werk nie en behoort nie in sport nie!

Krieket Suid-Afrika moet liewer hul tyd en hulpbronne gebruik om die spel in agtergeblewe gebiede te ontwikkel om seker te maak dat meer swart spelers op provinsiale vlak deurbreek. Dit sal dan verseker dat hulle in aanmerking vir die Proteas sal kom.

Ek glo die nasionale span moet op meriete gekies word. As 'n wit speler beter as 'n swart speler is, moet die wit speler gekies word. Dieselfde geld as 'n swart speler beter as 'n wit speler is. 'n Afrigter moet nie onder onnodige druk geplaas word om spelers van seker rassegroepe te kies net om die administrateurs of politici tevrede te stel nie. Sy taak is om die beste elf spelers, ongeag hul velkleur, op die speelveld te kry.

Ek kyk nou al sedert ek kan onthou sport en ek weet hoe lekker dit voel as my nasionale spanne wen. Na die oorwinning gee ek nie om hoeveel wit, swart of bruin spelers in die beginspan was nie want aan die einde van die dag is dit Suid-Afrikaners wat op die speelveld meeding.

Die verlede kan ons nie vergeet nie, maar ek dink dis nou tyd vir ons om verby velkleur te kyk en om mekaar as Suid-Afrikaners te beskou. Sodra dit gebeur, sal daar 'n positiewe ommeswaai in die land plaasvind.
 

– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.