Morné Esben

Bakkies 'n verleentheid vir SA rugby

2010-07-13 08:12
Tweets Share Share line Print

Die blaam vir die Springbokke se vernederende nederlaag teen die All Blacks in Auckland moet vierkantig voor Bakkies Botha se deur geplaas word.

Botha se “brein-poep” toe hy Jimmy Cowan met die kop gestamp het was heeltemal onverantwoordelik en onnodig! Die Bokke het op daardie tydstip die voordeel geniet en nadat Botha vir ‘n onprofessionele oortreding van die veld af gestuur is, het dit die einde van die Bokke se wedstryd beteken. Dis moelik genoeg om met 15 spelers die All Blacks te klop, wat nog van 14?

Nee wat, Bakkies se tyd in die Groen-en-Goud blyk einde se kant toe te staan.

Deesdae is Bakkies óf geskors óf beseer. ‘n Mens sou dink hy’t na sy vier week lange skorsing tydens die Super14, toe hy vir Gio Aplon met die gras gelyk gemaak het, sy les geleer. Hy was ook verlede jaar vir ‘n ruk lank geskors in die toetsreeks teen die Britse Leeus. 

Nadat hy afgestuur is het die All Blacks ewe skielik spasie gevind en die groot gate in die Bok-verdediging begin uitbuit. Hulle het 13 punte in daardie 10 minute aangeteken en nog ‘n drie direk na Bakkies weer op die veld verskyn het, afgestaan. Teen daardie tyd was die skrif reeds teen die muur en die Bokke op die agtervoet.

Nieu-Seelandse en Australiese joernaliste buit nou hierdie situasie behoorlik uit en Suid-Afrika se reputasie as die boelies van wêreldrugby maak nou weer vinnig ‘n terugkeer, danksy een speler se onnoselheid.

Ek verstaan Cowan was so effe stout deur aan Bakkies se trui te trek terwyl hy die bal gejaag het, maar dit beteken nie jy moet die ou summier met die kop bykom nie. En dan maak jy nog jouself meer seer as die opponent!

Hierdie soort spel kan nie deur die Springbok-bestuurspan geduld word nie. Daar moet ‘n voorbeeld van Bakkies gemaak word. Peter de Villiers kan nie aanhou om Bakkies te kies nie. Vervang hom permanent met spelers soos Andries Bekker en Flip van der Merwe wie nou hulle stem op internasionale vlak begin dik maak.

Alhoewel Bekker van die veld af nie die beste rolmodel is nie, speel hy op die oomblik die rugby van sy loopbaan en moet daarvoor beloon word.  

Bakkies sê nou hy’s jammer en dat hy sy land en sy familie diep in die steek gelaat het, maar dis wat hy die vorige kere gesê het toe hy ook vir sy sondes moes boet. Ná 67 toetse is Botha se internasionale loopbaan in die weegskaal en met die wêreldbeker net om die draai, sal dit rugbyselfmoord wees om hom saam te neem Nieu-Seeland toe.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.