Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Michelle van der Spuy

Werkloosheidstoelaag net nog 'n manier om stemme te wen

2012-12-28 07:56
Tweets Share Share line Print

Ek het myself aan die begin van die jaar in 'n baie ongemaklike posisie bevind. Ek was iemand wat vir die eerste keer ’n werk moes soek.

Vir die eerste paar maande het dit maar broekskeur gegaan. Al het ek ’n graad en ’n honneursgraad gehad en seker gemaak dat ek soveel as moontlik van my skryfwerk gepubliseer kry, was dit nie genoeg om iemand te oortuig om vir my ’n werk aan te bied nie.

Ek het wel so ’n paar rand verdien deur ’n internskap by ’n tydskrif. Dit was nie genoeg om enigiets mee te doen nie, maar genoeg om die slawerny die moeite werd te maak.

Ek was in hierdie tyd van my ouers afhanklik vir kos, klere, behuising, alles. Ek weet nie wie tussen my en hulle die gelukkigste was toe ek uiteindelik na vyf maande se soek ’n werk gekry het nie.

Nou die dag lees ek dat die ANC van plan is om vir die arme ander mensies, wat nog nie ’n joppie gekry het nie, elke maand so ’n paar rand in die hand te stop. Blykbaar om seker te maak dat hulle nie moed opgee nie en nie gedwing word om hulself deur misdaad aan die lewe te hou nie.

Hierdie beleid dien vir my, soos meeste van die ANC se ander blink idees, as ’n bewys dat geen logiese denkvaardighede uitgeput word wanneer hulle oplossings vir belangrike probleme probeer vind nie.

Die werkloosheidstoelaag gaan belastingbetalers (wie anders) jaarliks R30 miljard kos. ’n Rapsie minder as die enorme R35 miljard wat jaarliks op kindertoelae bestee word. En soos meeste toelae in ons liewe lawwe land behandel dit die simptome en nie die oorsaak van die kwaal nie.

Jong mense wat vir die eerste keer ’n werk soek, het gewoonlik ’n gebrek of tekort aan twee dinge wat noodsaaklik in die werkplek is: Opleiding en ondervinding. Dít is die kwessies wat volgens my die ANC se aandag behoort te geniet.

Opleiding is natuurlik iets wat deur onderwys voorsien word, maar dit is ’n storie vir ’n ander dag. Ondervinding kan egter maklik opgedoen word deur die grootste vloekwoord onder jong werkendes – ’n internskap.

In meeste internskappe doen jy werk wat benede ’n donkie is en kry nie ’n enkele blykie van waardering daarvoor nie. Maar ek gee eerder geld vir iemand wat bewys dat hy bereid is om te leer en te werk as iemand wat heeldag op die sypaadjie sit en wag vir beter dae. Die administratiewe uitdaging wat onvermydelik die ANC in die gesig gaan staar is dan ook kleiner, aangesien die werkgewer ’n handjie kan bysit.

Wat misdaad betref, is ek ook nie oortuig. Ek is seker nie alle armoede verwante misdade word gepleeg om iemand aan die lewe te hou nie, tensy iemand se lewe van die teenwoordigheid van ’n luukse televisie afhang. Dit is vir my meer belangrik dat die ANC die disrespek vir die wet wat in ons land heers en ons patetiese polisiëring aanspreek. Die opknapping van wetstoepassing is nog ’n belegging waarvoor my belastinggeld gerus gebruik kan word. Hopelik word dit reeds daarvoor aangewend.

Nog ’n basiese ekonomiese beginsel wat oorweeg moet word, is die ekonomiese groeikoers. Danksy die onlangse stakings beweeg dit teen ’n slakkepas en nie teen die 3,5% wat die werkloosheistoelaag beleid noodsaak nie. Boonop word die ekonomie deur die bevolking in terme van groei verbygesteek. Indien ons land se bevolking aanhou groei teen ’n koers wat die ekonomie nie kan byhou nie, sal ons nooit ’n punt bereik waar ons genoeg werk vir almal het nie.

Die werkloosheistoelaag beleid  lyk vir my soos net nog ’n skelm manier vir die ANC om stemme te wen by die mense vir wie hulle lank gelede werk belowe het en nou net R450 elke maand kan gee. Dit beklemtoon ook die feit dat die ANC van 10% van ons bevolking verwag om die hele land te onderhou. Ek hoop van harte dat die ANC nie nog ’n bodemlose put gaan skep om swaarverdiende belastinggeld in te smyt nie.

Stuur jou kommentaar aan Michelle

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Buccleuch - 10:39 AM
    Road name: N3 Northbound
    ACCIDENT on the side of the carriageway at the Buccleuch Interchange - expect delays
  • Wednesday Midrand - 10:34 AM
    Road name: R55 Southbound
    DELAYS can be expected approaching Allandale Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.