Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Michelle van der Spuy

Wees dankbaar

2012-12-17 07:15
Tweets Share Share line Print

Elke jaar, gewoonlik rondom die tyd wat die eerste Kersversierings in die winkels verskyn, sak daar ’n donderstorm oor my gemoed uit.

Die liedjie wat my in die oggend vrolik wakker maak word ’n skreeuende sirene wat my amper tot trane dryf. Een koppie koffie is nie meer genoeg om my wakker te maak. Die dae voel asof tyd gestol het en daar geen einde in sig is nie. En die volgende dag herhaal die bose kringloop homself.

Wanneer ek myself in hierdie depressiewe toestand betrap, is ek nie vreeslik geskok nie. Ek weet dat almal – of jy ’n student, werkende of afgetrede is – so voel. Ons het reeds 11 maande van die jaar oorleef en nou moet ons van iewers af genoeg energie kry om die eindstreep te haal. ’n Ekstra-groot porsie daarvan, want Desember is sonder twyfel die uitputtendste maand van die jaar.

Waag jy dit om na ’n winkelsentrum te gaan, word jy vertrap deur histeriese mense wat met kredietkaarte omhoog rondhardloop en op maat van “Jingle Bells” hul Kers-inkopies probeer afhandel. Die kopers dien boonop as ’n konstante herhinnering dat jy in een of ander stadium vir jou geliefdes ook ’n ietsie moet koop om onder die boom te sit.

Jy kyk na jou betaalstrokie en begin jou salaris amper jammer kry vir die wreedheid waarmee hy spandeer gaan word, want redes om jouself te bederf kruip mos om elke hoek en draai weg. Die jaar was lank. Jy het meer as hard genoeg gewerk. Jy is met vakansie en sal elke aand uiteet as jy wil.

Moet nie vergeet om daarby te voeg die vreugdevolle tyd wat in jou familie se geselskap deurgebring gaan word nie. Die liewe mense wat jou getrou elke jaar op jou verjaardag bel en soms ’n bederfie deur die pos stuur, maar in lewende nagmerries verander ná die derde glasie wyn. 

Om nou nie eers te praat van die sielkundige spanning oor al die doelwitte wat jy nie vanjaar bereik het nie en nou oorgedra en bygevoeg word by volgende jaar s’n.

’n Mens kan hierdie marteling net op een manier benader. Jy moet wegkom van jou huis, jou werk en jou daaglikse routine.

Gaan see toe. Sit op die strand en staar oor die water uit tot jou siel tot bedaring gekom het en die wind al die nonsens tussen jou ore weggewaai het. Raak letterlik en figuurlik ontslae van alles wat jou heel jaar al irriteer. Maak in jou kop, siel en kaste plek vir alles wat die nuwejaar gaan bring. Drink ’n glasie (of ’n bottel) wyn uit op die jaar wat verby is.

Die belangriksteding is om in hierdie onaangename tye dankbaar te wees. Wees dankbaar dat jy ’n werk het wat jou mal anders as die meer as 25% van ons land wat werkloos is. Dat jy familie en vriende het wat jou teen die mure uitdryf oor Kersfees in plaas van om in ’n nagskuiling omring deur vreemdelinge te wees. Dat jy ’n salaris het om te blaas en nie soos miljoene mense in ons land in armoede leef nie.

En wees dankbaar dat ons nou by Desember trek, want dit beteken die jaar is amper verby.

Stuur jou kommentaar aan Michelle

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Central Johannesburg - 17:36 PM
    Road name: M1 Southbound
    ACCIDENT approaching Crown Interchange
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.