Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Michelle van der Spuy

Sosio-ekonomiese tydbom tik voort

2012-11-15 07:00
Tweets Share Share line Print

Armoede in ons land is nie net iets waarvan jy in die koerant lees nie.

Dit sit bakhand voor die ingang by ’n winkel. Dit staar vir jou met dooie oë by ’n verkeerslig. Dit strompel doelloos langs paaie rond. Dit smeek jou om elke hoek en draai vir ’n paar rand om ’n brood vir die honger kinders by die huis te koop.

Dit is dan vir my verstommend dat ons president glo die gaping tussen die ryk en arm is besig om te krimp.

Jacob Zuma het hierdie uitlating onlangs tydens die opening van die nasionale huis van tradisionele leiers gemaak. Die rede vir sy opvatting maak dit vir my duidelik dat hy eintlik nie verstaan wat die inkomstegaping behels nie.

Volgens Zuma kry meer mense as ooit tevore nou toelaes van die staat – daarom is die inkomstegaping besig om te krimp. Verder het die president gesê die regering voorsien huise, elektrisiteit en wie weet wat nog aan dié wat op die regering se liefdadigheid staatmaak om aan die lewe te bly.

Daar is ’n enorme aantal ekonomiese beginsels wat Zuma totaal ignoreer.

Toelaes beteken nie dat armes nou ’n inkomste verdien nie. Dit beteken dat belastingbetalers, waarvan daar nie baie in hierdie land is nie, se bydrae gebruik word om kos op iemand anders se tafel te sit. Toelaes impliseer verder die afwesigheid van ’n inkomste wat die gevolgtrekking van ’n krimpende inkomstegaping nog meer onwaarskynlik maak.

Huise en elektrisiteit het te doen met die regering se vermoë om dienste te lewer. Dit word weereens deur belastingbetalers geborg en het geen invloed op die gaping tussen ryk en arm nie. Dit gee mense aan die onderkant van die finansiële leer die kans om nader aan dieselfde lewenstandaard as diegene bo-aan die leer te kom. En te oordeel aan die gereelde optogte wat spruit uit ondoeltreffende dienslewering behoort die president homself nie op die skouer te klop daaroor nie.

Die belangrikste aspek wat die president ignoreer, is dat ’n land se ekonomie nie kan floreer as die inwoners van die land deur die staat aan die lewe gehou moet word nie. Die doel met ’n land se ekonomie is nie net dat elkeen ’n stukkie van die ekonomiese koek moet kry nie, maar dat die koek danksy die bydraes van almal moet groei.

Dit is natuurlik vir die president en die meeste van sy ministers moeilik om te aanvaar dat daar nog so baie armes in die land is. Tog sal daar na raming meer as R200 miljoen op opknappings by Zuma se huis in Nkandla spandeer word. Daar is onlangs berig dat miljarde rande op van sy ministers se huise spandeer is. Niemand in die regering ry met iets anders as luukse Duitse motors nie. Ja, Zuma het sedert sy verkiesing as president ’n klomp mense se lewens verbeter. Ongelukkig is hulle almal deel van sy regering en was hulle nie arm om mee te begin nie. Danksy sy baantjies-vir-boeties-beleid sal hulle seker ook nooit wees nie.

Dit is moeilik om te verstaan hoe minder bevoorregte mense in ons land lewe as jy soos ons president ontken dat ons met ’n ekonomiese tydbom sit.

Die feit bly staan dat ’n land nie ekonomies voorspoedig kan wees tensy daar nie volhoubare oplossings vir sosio-ekonomiese probleme gevind word nie.

Armoede is ’n werklikheid. Een wat nie opgelos kan word deur die armes kunsmatig aan die gang te hou met toelaes nie.

Langtermyn oplossings soos werkskepping is die ware oplossing. Mense moet leer om vir hulself ’n vis te kan vang en moet dan die geleentheid gebied word om dit te doen.


 – Michelle van der Spuy is 'n inhoudsvervaardiger vir News24 Nigeria.

Stuur jou kommentaar aan Michelle

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.