Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Michelle van der Spuy

Oortreder se welstand weeg die minste

2013-01-28 08:36
Tweets Share Share line Print

Ek het aan die einde van verlede jaar vir die eerste keer kans gesien om Die Staat Teen Anna Bruwer, die opvolg van Dis ek, Anna te lees.

As jy al een van hierdie twee boeke gelees het, weet jy dat beide dié boeke handel oor die seksuele molestering van kinders.

Ek het nog nooit so erg gesukkel om ‘n boek klaar te lees nie. Van die begin af was ek gewalg deur Anna se pa, wat geen berou oor sy dade het nie, haar ma wat weereens die rol van die magtelose toeskouer speel en die regstelsel wat meer oor die oortreder se rehabilitering as oor die slagoffer se trauma omgee.

Nou is die Kaap se eie weergawe van Anna se storie besig om in die Parow-streekshof af te speel.

Die vark in ons verhaal is Johannes Kleinhans, ’n 74-jarige sakeman van Parow. Hy is op 95 aanklagte, wat die onwettige besit van kinderpornografie en seksuele aanranding insluit, skuldig bevind. Die skokkende deel van die storie is egter nie die feit dat hy dus meer as een misdaad vir elke lewensjaar gepleeg het nie, maar die nuutste verwikkeling in sy hofsaak.

Volgens ’n kliniese maatskaplike werker wat Kleinhans vyf keer gekonsulteer het, sal sy rehabilitering nie "doeltreffend" in ’n tronk kan plaasvind nie. In die verslag wat sy aan die hof voorgelê het, erken sy egter dat Kleinhans ’n middelkategorie-pedofiel is wat moontlik weer kan oortree.

Die hele debakel het my opnuut laat wonder: Wie word nou eintlik hier beskerm? Die oortreder of die slagoffer?

Die lyk vir my asof die grootste prioriteit hier die rehabilitering van ’n pedofiel is, in plaas van reg en geregtigheid. Nog ’n groter prioriteit, volgens my, is dat hierdie misdadiger, wat al ’n gevaar vir die samelewing was en weer kan wees, nie die kans gegee moet word om weer te oortree nie.

Die maatskaplike werker het verder gesê die rehabiliteringsprogram sou plaasvind by ’n sentrum waar die hof sy vordering kan monitor. By só 'n sentrum kan 24-uur-toesig egter nie verskaf word nie.

Ek kan my net indink watter trauma die slagoffers van seksuele molestering deurgaan – en ek kan ook nie dink dat hierdie trauma behandel kan word as die moontlikheid bestaan dat die aanvaller weer dieselfde misdade kan pleeg nie.

In verskeie ander lande in Afrika is kinders die slagoffers van ewe onaanvaarbare seksuele misbruike. In Nigerië dagvaar mans gereeld hul skoonouers as hul 13-jarige bruide weier om seks met hulle te hê. In Morokko kan mans wat ’n minderjarige verkrag het, tronkstraf vermy deur met die slagoffer te trou. Laasgenoemde wet is op die oomblik in die kollig in dié land, en ek hoop van harte die vroue van Morokko slaag daarin om dié bepaling geskrap te kry.

In ons eie land is die situasie nie veel beter nie. Ek kan onthou dat ’n man onlangs ’n dogtertjie met ’n lewendige slang verkrag het. Misdade van dié siek aard moet voorkom word. Dié situasie gaan egter nie verbeter as ons meer bekommerd is oor misdadigers se welstand nie.

Stuur jou kommentaar aan Michelle

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Material Expeditor

Pretoria
Akasia Personnel Consultants
R10000 - R15000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R750000 - R800000

Overborder Manager

Durban
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.