Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Michelle van der Spuy

Nuwe bestel se edele ideale lank vergete

2012-11-27 09:42
Tweets Share Share line Print

Voorgeskrewe boeke het selde ’n spesiale plekkie in leerders se hart.

Hulle is gewoonlik vervelig en meer as 20 jaar oud. Boonop kan ’n mens ook net ’n beperkte hoeveelheid genot put uit iets wat jy gedwing word om te lees. Tog word daar nou en dan ’n boek op jou afgedwing wat jou die res van jou lewe bybly.

Een van my voorgeskrewe boeke op skool was George Orwell se Animal Farm, ’n boek wat aan die meeste van ons bekend moet wees.

Ek het toe ons die boek behandel het, reeds die geskiedkundige konteks verstaan aangesien ek Geskiedenis as vak gehad het.

Dit is verbasend hoe maklik ’n mens parallelle tussen dié boek en die hedendaagse verwikkelinge in ons land kan trek.

Ek voel ek moet, vóór ek enige vergelykings maak, duidelik sê dat ek nie sê ons regeerders is varke soos die leiers in die boek nie. Die regering se optrede spreek vanself en elkeen kan tot sy eie gevolgtrekkings daaroor kom.

Ons land se moderne geskiedenis begin by dieselfde somber vertrekpunt as dié boek. ’n Leier wat sy volgelinge hoop op ’n beter toekoms gee. ’n Nuwe bestel met edele ideale en drome van gelykheid wat verwek word en deur middel van ’n opstand die ou, onderdrukkende regime vervang. En dan die teleurstellende werklikheid as gemeenskaplike vooruitgang deur selfsugtige gierigheid vervang word.

Die rede waarom Animal Farm die laaste tyd by my spook, is die onmiskenbare revolusionêre klimaat wat soos ’n donker wolk oor ons land hang. ’n Wolk wat gereed is om te bars omdat dieselfde mense wat onder die ou regering gely het, voel hulle wag steeds op die rykdom en welvaart wat die nuwe regering aan hulle beloof het.

Almal het nie droëbek gebly toe ons land ’n demokrasie geword het nie. Ek het reeds in ’n vorige rubriek geskryf dat regeerders nie ’n tekort aan geld, motors óf klere het nie. Dit kan egter weer beklemtoon word dat hulle aanhou om hierdie weelde te geniet terwyl hulle die ontevrede massas se lot op rassisme of apartheid blameer. En hoekom dan nou nie? Hulle het immers, volgens hulself, die land uit die kloue van minderheids-oorheersing gered en verdien om ’n bietjie bederf te word.

Soos die varkies in Animal Farm, het die regering ’n wenresep wat verseker dat hulle die massas onder hul duim kan hou. Solank mense oningelig is, is dit maklik om hulle te laat glo wat jy wil hê hulle moet glo. Jy kan hulle laat glo dat dit die boer, wat natuurlik by apartheid gebaat het en nou in die aande op ’n hoop geld rondrol, se skuld is dat hulle nie genoeg verdien nie. Sodoende bly die ministers veilig in hul reuse-huise terwyl etlike plase afgebrand word.

Gelykheid, eens een van die grootste drome vir die nuwe Suid-Afrika, is deesdae die laaste ding op die prioriteitslysie. Orwell bewoord die skeiding wat tussen die varke en die res van die diere op die plaas ontstaan so: “All animals are equal. But some animals are more equal than others.” ’n Gepaste manier om te verduidelik waarom net sommige uitverkorenes se sakke vol gestop word.

Die laaste toneel in die boek is die een wat vir my die meeste simboliese waarde het. Die varke sit in die plaaseienaar se huis en speel kaart saam met mense, die groep in die boek wat die onderdrukkers verteenwoordig. Die ander plaasdiere, wat buite die varke se huis deur die venster staan en loer, kan nie onderskei tussen die varke en die mense nie.

Ons regering het dit geword waarteen hulle eens op ’n tyd baklei het. Gewone mense word onderdruk. Die staatskas word beskou as 'n persoonlike bankrekening. Eie behoeftes, en dié van hulle makkers, word eers bevredig voor hulle aan die res van die land dink. En wanneer ontevredenheid na vore kom, vind hulle blitsvinnig iemand om hul mislukkings en misdade op te blameer.

Die verwarde plaasdiere in Animal Farm het ’n vark gevolg sonder om vrae te vra. Hopelik kan ons bewys dat ons meer breinselle as ’n plaasdier het deur nie blindelings te volg nie, maar aan te dring op verantwoordbaarheid van ons leiers.

– Michelle van der Spuy is 'n inhoudsvervaardiger vir News24 Nigeria.

Stuur jou kommentaar aan Michelle

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.