Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Michelle van der Spuy

Metrofail-hoofpyn pla ná maande steeds

2012-10-29 07:56
Tweets Share Share line Print

Dié van ons wat (on)gelukkig genoeg is om pendelaars te wees, weet dat treinry nie so eenvoudig is soos ’n kaartjie koop en klim nie.

Ek het einde verlede jaar vir die eerste keer op een van Metrorail se geel gevaartes geklim. My pa het nog saam met my Kaapstad toe gery om seker te maak dat ek nie op die trein beroof of aangeval word nie.

Teen die einde van my tweede week as pendelaar het my senuwees aan ’n draadjie gehang. Ná die hoeveelste Metrofail het ek besluit om ’n Metrobail te doen en eerder Kaapstad se verkeer met my kar aan te durf.

Die petrolprys het sy normale opwaartse gang gegaan en ek het later geen ander keuse gehad as om weer een van die arme siele op die trein te word nie. Dit voel vir my asof dit juis rondom hierdie tyd was wat Metrorail die kluts kwyt geraak het.

Treine wat hulle eie skedule volg het in hierdie tyd ’n normale deel van my oggende geword. Dit was, en is nou nog, geen verrassing as die trein 10 of selfs 20 minute laat is nie. Dit kom natuurlik handig te pas as jy self ’n paar minute langer ingesluimer het as wat wys is, maar oor die algemeen is dit ’n uiters onaangename manier om die dag te begin.

Die regte pret begin wanneer die trein vroeg is. Ek moes een oggend soos ’n Olimpiese atleet teen die trappe ophardloop en het byna my tande uitgeval in ’n maniese poging om die trein te vang.

Dan word daar van tyd tot tyd ’n aankondiging wat soos ’n verdoemenis oor die platform weerklink, gemaak: Een van die treine is gekanselleer.

Ek het nog altyd skape wat agter op vragmotors ingeprop word, jammer gekry. As jy die gelukkige wenner van ’n gekanselleerde trein is, kan jy maar weet dat die trein wat jy dan moet neem net so vol soos die agterkant van só ’n vragmotor gaan wees. Mense storm mekaar uit die pad uit om seker te maak dat hulle die laaste gaatjie op die trein kry.

Selfs al is die trein so vol dat die mense amper aan die ander kant uitpeul, word dit as ’n uitdaging beskou om nog vyf mense in die karretjie te druk.

Een van my gunstelingervarings op die trein tot hede was die eerste keer toe ek sien hoe Metrorail se afgevaardigdes om kom om mense se kaartjies te kontroleer. Die derdeklaspassasiers wat hulle in eersteklas gemaklik maak het, het skielik soos missiele in die gangetjie afgeskiet. Ek het nou die dag by die Kaapstad-stasie gesien dat diegene wat sonder ’n kaartjie of met die verkeerde kaartjie betrap word, ’n boete van R40 moet betaal – iets wat ek glo selde indien ooit gebeur.

Dit is nie nuus dat openbare vervoer in hierdie land veel te wense laat nie. Selfs Metrorail erken in ’n verslag op sy webtuiste dat hy ten spyte van verskeie verbeterings nog steeds nie daarin slaag om te verseker dat 90% van treine by die amptelike skedule hou nie. Luidens die verslag is drie uit elke tien treine ná 30 weke van harde werk deur Metrolrail steeds laat.

Mthuthuzeli Swartz, streekbestuurder van Metrorail Wes-Kaap, mag dalk dink dat die lot van pendelaars die afgelope tyd verbeter het, maar ek kan nie anders as om van hom te verskil nie. Die treine is nou nog net so oorlaai en onbetroubaar soos wat hulle met my eerste treinrit 10 maande gelede was.

Soos alle dinge in hierdie land, is dit noodsaaklik om vrede te maak met die feit dat dinge nie oornag gaan verbeter nie. Net soos dienslewering en verskeie ander sektore sukkel om by te hou met die behoeftes van ons land, is openbare vervoer ook gewoonlik in die knyp.

Om geduldig te wag op verbeterde treindienste blyk die enigste opsie te wees. Span dan sommer dié eienskap in wanneer jy in die gietende reën of skroeiende son vir ’n trein moet staan en wag.

 – Michelle van der Spuy is 'n inhoudsvervaardiger vir News24 Nigeria.

Stuur jou kommentaar aan Michelle

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Ridgeway - 13:09 PM
    Road name: N12 Eastbound
    Accident at Xavier Street
  • Saturday Pretoria - 13:09 PM
    Road name: N1 Northbound
    Queuing Traffic between Atterbury Road and the N4 eMalahleni split
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.