Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Maretta Bellingan

Dink meer aan Telkom as aan kos en seks

2012-04-02 07:30
Tweets Share Share line Print

Mans dink glo 2 431 keer per dag aan seks.

Ek’s nie seker of die getal korrek is nie, maar ek weet dis ’n helse klomp keer.

Hoe hierdie statistieke bepaal word, slaan my egter dronk. Het hulle ’n klomp mans gevra om ’n knoppie te druk elke keer as hulle aan seks dink en sal dit nie juis iemand aanmoedig om aan iets te dink as hulle ’n knoppie moet druk as hulle daaraan dink nie?

Maar dit daar gelaat. Wat ek wel met oortuiging kan sê is dat vroue baie meer aan kos dink as aan seks. En dat ek baie meer aan Telkom dink as aan kos of seks.

Skaars ’n week nadat ek in my nuwe tuiste ingetrek het, skakel ’n Telkom-vrou.

Nie om my te vra wanneer pas dit my dat hulle my lyn kom installeer nie, maar om my in te lig wanneer hulle dit kom doen. Of dit my pas is nie ter sake nie.

Die week voor Kersfees arriveer hulle. Vroetel hier, vat daar en vertrek met ’n belofte dat hulle die probleme wat daar met die lyne is in die volgende paar dae sal uitsorteer.

Meer as twee weke later kry ek weer ’n oproep. Weer om my in te lig dat hulle op so en so ’n dag my lyn sal installeer.

Dié keer daag hulle eenvoudig net nie op nie.

’n Week of wat later kry ek nog ’n oproep en ’n paar dae later arriveer ’n tegnikus wat geen inligting oor hul vorige besoek het nie. Ná ’n uur of wat het ek my nuwe lyn en my vertroue in Telkom is herstel.

’n Dag of wat later skakel ’n vrou my om my in te lig dat daar nog R77 en enige sente uitstaande is op my vorige rekening. Ek vra haar om dit by die nuwe telefoon se eerste rekening te voeg en sy stem sonder teenstribbeling in.

Meteens begin my nuwe telefoonlyn onbedaarlik raas en kraak. ’n Dag of wat later is daar geen lyn meer nie.

Ek stuur ’n SMS na die foutnommer en kry ’n boodskap dat my telefoonnommer nie gelys is by Telkom nie. Tussendeur ontvang ek ook ’n SMS wat my inlig as ek nie my uitstaande skuld vereffen nie, my nuwe telefoonlyn afgesny sal word. (Die nommer wat nie gelys is by Telkom nie.)

Dit alles gebeur terwyl die swembad se pype onbedaarlik begin lek, die TV die gees gee, die wasmasjien wild rondspring en my motor se linkerflikkerlig ophou werk.

Jy maak nie suurlemoensap as die lewe vir jou suurlemoene gee nie, jy maak tuin.

Jy keer jou rug op al die irritasies en vroetel in die grond, plant ’n boom en druk jou vingers diep in moederaarde. Of liewer, jy kry iemand wat dit vir jou doen.

Goodwill is ’n straatveër wat moonlight as tuinier. Goodwill kan dalk handig wees met ’n besem, maar van tuinmaak weet hy gevaarlik min.

Dit help ook nie dat hy in ’n drankwalm gehul is en elke tien minute ’n halfuur lank moet rus nie.

Intussen is ek en die nutsman Charles besig om ’n houtafskorting op die stoep te probeer vastimmer. Charles is ’n verwer van formaat, maar nie ek of hy is gemaklik met ’n boor in die hand nie.

Ons steun en stotter, sweet en swets en uiteindelik staan ons terug en kyk trots na ons handewerk.

Sal Goodwill nie op daardie oomblik sy verskyning maak, homself op ’n tuinstoel neervly en met die selfvertroue van ’n man wat pas ’n uur lank met oorgawe niks gedoen het nie sê: Dis skeef.

Daar is eenvoudig tye dat woede jou niks in die sak bring nie. Wanneer ’n gesonde sin vir humor en ’n yskoue bier ’n veel beter opsie is as aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Ek het nooit weer vir Goodwill gesien nie. Ook nie my nuwe snoeiskêr nie.

Dit was ook nie nodig om ’n fatwa oor Telkom se besturende direkteur uit te spreek nie. My telefoonlyn is ná vier spanningsvolle weke herstel.

Nou kan ek weer meer gereeld aan kos dink. En so nou en dan aan seks.

- Oorspronklik verskyn in Rapport

Stuur jou kommentaar aan Maretta

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.