Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

'n Sinnelose Amerikaanse tradisie?

2012-11-07 08:30
Tweets Share Share line Print

Verlede week, terwyl ek ewe onskuldig 'n aand alleen by die huis deurbring, verras 'n klop aan die deur my.

'n Klomp kinders in heksehoede, met kloue en allerhande dinge wat veronderstel is om 'n mens bang te maak, begroet my toe ek die deur oopmaak.

"Trick or treat!"

Natuurlik het dié kinders nie besef nie dat dit net Morné Steyn se huidige spelpeil en kykNET se nuwe musiekkanaal is wat my enigsins bang maak. En dat ek ook nie juis lekkergoed opstapel vir Halloween nie.

Vir die eerste keer in my 29 lewensjare het ek egter besef dat Halloween nou ook aktief in Suid-Afrika (of ten minste dele daarvan) gevier word.

Of jy nou dink dat dit die fees van die duiwel is, of jy dit getrou beoefen en of dit sommer net iets is wat jy vir die pret doen is nie werklik ter sake nie. Almal moet myns insiens maar self die grense stel van wat vir hulle aanvaarbaar of nie aanvaarbaar is nie – hoewel dit seker vir ouers met skoolgaande kinders makliker gesê as gedaan is.

Vir my as Suid-Afrikaner is dit egter 'n relatief sinnelose Amerikaanse gebruik (al het dit nie sy oorsprong in die VSA nie) en ek verstaan nie aldag waarom ons dit ook moet vier nie.

Natuurlik is dit, soos baie van dié soort goed, iets waaruit winkelgroepe en televisiekanale munt slaan. In die laaste week van Oktober kan jy omtrent nie in 'n Woolworths instap sonder om oogbal- of vlermuistand-lekkers te sien nie. Daar is dan natuurlik ook 'n groot verskeidenheid gruwelflieks wat op baie van die Multichoice-kanale uitgesaai word.

Wanneer jy 'n Halloween-plakker op 'n produk plak verkoop dit blykbaar outomaties – en die grootbase wil natuurlik meer produkte verkoop.

Iets soos Halloween bly vir my net nog 'n manier om die kommersiële Amerikaanse kultuur op die wêreld af te dwing. So word ons eie tradisies ook vertroebel – of jy nou 'n Duitser, Australiër of Suid-Afrikaner is.

Dit is waarom 'n mens trots moet wees op jou land, jou taal en jou kultuur, ongeag van wie jy is. Dit is ook waarom jy ander mense moet waardeer en respekteer vir wie hulle is.

Die feit van die saak is dat die wêreld ons vandag toenemend dwing om ons eie nasionale identiteite te vergeet, en besig is om ons in 'n klomp Amerikaners te verander.

Solank hulle net al hulle natuurrampe, en natuurlik Nicky Minaj, vir hulself hou...

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Pretoria - 14:10 PM
    Road name: Eskia Mphahlele Drive Northbound
    DELAYS towards Mabopane Highway
  • Friday Boksburg - 14:01 PM
    Road name: Atlas Road Southbound
    DELAYS approaching the N12 Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.