Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

'n Kuier saam met Chad, Cameron... en Mr Bean

2012-08-01 08:00
Tweets Share Share line Print

Die afgelope paar dae het weereens bewys waarom die Olimpiese Spele een van die grootste hoogtepunte op die sportkalender is.

As iemand wat self twee jaar van my lewe in Londen gewoon het, het ek sommer vroeg al geweet dat ek hierdie Olimpiese Spele meer gaan geniet as enige van die laaste paar jaar – veral toe Mr Bean Vrydagaand op die skerm verskyn!

Die openingseremonie was soms 'n bietjie deurmekaar en ander oomblikke baie goed. Ek moet erken dat ek gesukkel het om wakker te bly om die hele ding te volg, maar ten spyte van die feit dat dit soms gevoel het asof ek iewers op die Lord of the Rings-stel verlore was, het ek dit geniet.

Al wat ek wonder is hoekom hulle nie ook 'n bietjie van hulle chavs en rioters ingewerk het in die vertoning nie. Dit sou definitief die skare aan die brand gesteek het.

Daar is darem niks lekkerder as om na werk by die huis te kom en op Supersport Blitz op datum te kom met die dag se uitslae nie – net om daarna tussen die sporte op die verskillende kanale te wissel.

Daar is letterlik amper elke soort soort sport denkbaar om te kyk, wat beteken 'n mens kan behoorlik kies waarvoor jy lus is.

Ek skryf natuurlik hierdie week se rubriek kort nadat Chad le Clos goud gewen het in die 200 m-vlinderslag. Dit volg kort op die hakke van Cameron van der Burgh se goud in die 100 m-borsslag. Wat 'n ongelooflike paar dae vir Suid-Afrikaanse swem en sport! As oomblikke soos hierdie nie jou patriotiese hartsnare gaan roer nie, weet ek nie wat gaan nie.

As hierdie twee medaljes die hoogtepunt van die Suid-Afrikaanse span se Spele is kan ons met trots terugkyk op ons vertoning. Soos dinge tans staan lê ons bo Groot Brittanje en Australië op die punteleêr, en dit is nie te versmaai nie.

As 'n mens 'n bietjie wegkyk van die sporte waarin Suid-Afrikaners deelneem is daar natuurlik ook baie interessante en snaakse dinge aan die gang.

Die fout wat begaan is in die vrouesokker om die Suid-Koreanse vlag vir die Noord-Koreane te vertoon word alleenlik oortref deur die verkeerde nasionale lied vanuit die Borat-fliek wat 'n paar jaar gelede vir 'n atleet van Kazakhstan by 'n toernooi in Koeweit gespeel is.

Dan is een van die mees fasinerende dinge ongetwyfeld die gewigoptellers se bobene. Dit lyk behoorlik soos vuurpyle en ek is die heeltyd bang dat hulle gaan opstyg. Nog 'n raaisel is of hierdie ouens inderdaad eersteklas vlieg – want hulle sal sekerlik nie in die ekonomieseklas-sitplekke pas nie.

Dit is eintlik 'n jammerte dat 'n mens nie meer gereeld dié klas van kompetisie kan geniet nie, maar dit is definitief ook 'n goeie ding. Die vier jaar wag is elke keer die moeite werd.

Kom ons hoop dat die tweede week net so genotvol soos die eerste is!

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CCTV Controlroom Operator

Rustenburg
Bitz Technologies
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R800000

VB Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.