Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Wees geduldig op die paaie

2012-12-19 09:34
Tweets Share Share line Print

Die somervakansie in Suid-Afrika is tans in volle swang met 'n groot hoeveelheid Suid-Afrikaners reeds op vakansie en nog vele wat die lang pad moet aandurf voor Kersfees en Nuwejaar voordat hulle terugkeer huis en werk toe.

Groot hoeveelhede mense ry in hul eie voertuie na bestemmings regoor die land tog is 'n selfs groter hoeveelheid afhanklik daarvan om met taxi's en busse aangery te word om tyd met hulle families te spandeer.

Die gebrek aan ’n ordentlike en betroubare treinstelsel wat mense op grootmaat kan vervoer en die koste van busoperateurs, dryf baie mense wat die hele jaar weg van die huis is in 'n hoek om staat te maak op voertuie wat oorlaai is en dan gewoonlik nog ook 'n waentjie sleep wat vol gepak is met tasse.

As iemand wat self in die buiteland weg van my gesin gewoon het, besef ek die waarde van familietyd en die behoefte om by mens se geliefdes te wees. Waar ek byvoorbeeld kon bekostig om vir die Kerstydperk terug te vlieg Suid-Afrika toe besef ek egter hoe sleg dit moet wees om in dieselfde land as jou familie te woon, maar nie dit te kan bekostig om hulle gereeld te sien nie of om gemaklike en veilige vervoer te kan bekostig nie.

Die aard en kompeterendheid tussen taxi-bestuurders en groepe beteken dat meeste van die bestuurders 'n hele klomp ritte tussen byvoorbeeld Kaapstad en die Oos-Kaap sal maak in die spasie van 'n week. Moegheid en haastigheid lei dan tot oordeelsfoute wat in ongelukke ontaard.

Baie bestuurders in hulle eie voertuie jaag ook teen 'n hoë spoed om by hul bestemming uit te kom en dit is meestal die onvermoë om geduldig te wees met die verbysteek van voertuie wat lei tot ongelukke.

Die naweek het my vrou en ek 'n hele ruk lank met die N1 van Kaapstad noord gery en ek het telling verloor van hoeveel keer ek verbygesteek is om draaie teen 'n hoë spoed deur beide taxi's en voertuie soos BMW X5'e.

Die dodetal in Desember tot op hede het hierdie week gestyg tot net onder die 700 mense. Die amptelike syfers sal eers aan die einde van die maand aangekondig word en kan nog drasties hoër word.

Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid om nie te bestuur wanneer ons moeg is nie en om nie haastig te wees om by ons bestemmings uit te kom nie.

Indien mens dit verontagsaam stel jy nie net jou en jou eie familie se lewe in gevaar nie, maar so ook die van ander.

Mag ons almal dit onthou en toepas op die paaie oor hierdie tydperk.

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Intelligence BI

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Application Developer 6month contract

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.