Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Waarheen nou vir top-spanne?

2012-10-31 08:44
Tweets Share Share line Print

So het die plaaslike rugbyseisoen ook nou die afgelope naweek tot 'n einde gekom en 'n mens kan nie anders begin as om vir die Westelike Provinsie en hulle ondersteuners geluk te wens nie.

Dit kon nie 'n maklike 11 jaar gewees het nie en hulle verdien elke oomblik van feesvier.

Met die begin van 'n seisoen kan die media telkens net nie ophou gons oor die Sharks nie. Hoe meer daar gegons word, hoe meer weet ek dat ek nie 'n flenter omgee vir die manne in swart en wit nie.

As Bul-ondersteuner is 'n mens seker tradisioneel veronderstel om meer van 'n afkeer in die WP te hê, maar as feitlik al jou skoonmense hulle ondersteun en jy self in die Moederstad woon, laat dit jou nie met veel van 'n keuse nie.

Maar ja, ek voel oor die Sharks soos wat ek oor Kwazulu-Natal se goor, taai, hittige weer voel – glad nie te goed nie.

Toe ek op laerskool was en die Bulle so 'n bietjie gesukkel het, was almal ewe skielik Sharks-ondersteuners, ondanks die feit dat die meeste van my klasmaats nog nooit náby Durban en omgewing gekom het nie. Dit was my eerste kennismaking met mense wat hulle lojaliteit verander na gelang van wie suksesvol is.

Terug na die WP: Dit is werklik 'n ongelooflike prestasie om teen alle verwagtinge in Durban, na soveel jare van mislukking, uiteindelik weer die Curriebeker te wen.

Al hou ek nie van die Sharks nie, kan 'n mens nie ontken dat hulle 'n ongelooflike goeie span is nie, en die WP het werklik alles gegee om hulle te klop.

Om trofees te wen is 'n gewoonte, en oor die afgelope jare het die WP en Stormers elke keer na aan glorie gekom – net om by die wenstreep plat te val. Hierdie oorwinning sal 'n wesenlike gewig van die Kapenaars se skouers afhaal en dit kan werklik die begin van groot dinge oor die volgende klompie jare vir hulle wees.

Die uitdaging vir die ander spanne sal nou wees om hulleself op te lig en volgende jaar opnuut met mag en mening 'n terugkeer te maak.

Die Sharks kan hulle gaan blinkvryf vir die voor- en sportblaaie sodat hulle opnuut opgehemel kan word. Hulle kan tog nie weer misluk nie, of hoe?

In Pretoria sal die groot probleem wees hoe gou die nuwe generasie spelers hulle kan vestig om die skadu van vorige legendes af te skud. As daar nie uit die tekortkominge van 2012 geleer word nie, kan daar nog 'n hele klompie jare voortgesukkel word.

Die Vrystaters sal aanhou om almal se tweede gunsteling-span te wees en sal hopelik die vernedering van 'n uitspeelwedstryd in die Curriebeker met die Kings gespaar word.

Die Leeus het 'n interessante seisoen voor hulle, met die beste van hulle spelers wat reeds hul tasse gepak het, en hulle mag dalk met die terugkeer na Superrugby net so 'n bietjie sukkel.

Genadiglik vir die Leeus kan 'n mens nie verskrikllik optimisties raak oor die Kings se vooruitsigte nie. Dit is nog nie eers 2013 nie en ek kry hulle sommer al by voorbaat jammer.

'n Mens voel amper of jy vir iemand solank moet begin jammer sê vir wat gaan gebeur. Of sal dit sommer cheeky wees?

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.