Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Totsiens, CD-winkel

2012-12-05 08:12
Tweets Share Share line Print

Die plaaslike bekendstelling van 'n aanlyn Itunes-musiekwinkel het Dinsdag die eerste doodsklok vir CD-winkels in die land laat lui.

Ek onthou nog hoe ek as hoërskoolseun op grond van een of ander koerantartikel en 'n paar musiekvideo's op MTV verneem het dat die musiekgroep Muse iets spesiaals was. Ek het my pa se kredietkaartbesonderhede gebruik (natuurlik met sy medewete) om hulle eerste album, Showbiz, op Amazon te bestel, en twee of drie weke later het die pakkie in die pos by die huis aangekom.

Dit was die eerste van vele CD's wat ek oor die jare van oorsee bestel het, en daar was definitief iets spesiaals daaraan om vir die eerste keer 'n CD-kassie oop te maak, die boekie te bestudeer en dan die CD aan te sit en die album dan van begin tot einde deur te luister.

Dinge het natuurlik drasties verander sedert my hoërskooljare en die musiekbedryf lyk nou heeltemal anders. Deesdae kan 'n mens na 90 sekondes of meer van feitlik enige liedjie luister voordat jy dit koop.

Daar is definitief 'n misterie wat verlore gegaan het in die proses.

Jong musiekluisteraars word gekondisioneer om van die een treffer na die volgende te spring, vinniger as wat 'n ANC-politikus iets wat skeefloop op apartheid kan blameer.

Hierdie neiging na die massaproduksie van treffers vernietig die konsep van hoe treffend 'n behoorlike album van begin tot einde kan wees. Deesdae gaan dit net oor hoeveel treffers 'n mens op een album kan indruk.

Met die toename in aanlyn aankope was dit ook maar net 'n kwessie van tyd voor musiek aanlyn verkoop sou word. Die stygende koste van die vervaardiging van fisieke CD's het natuurlik ook 'n rol gespeel.

As jy vandag by ’n CD-winkel instap kos die meeste nuwe albums jou min of meer R150. Dit in teenstelling met die wye verskeidenheid wat iets soos die nuwe Itunes-winkel bied, waar albums R70 of R80 kos.

As jy vir 'n oomblik vergeet dat die gehalte van MP3's en CD's verskil, sal geen persoon wat by sy of haar volle verstand is, onnodig dubbel betaal vir dieselfde produk by 'n ander winkel nie. Boonop kan 'n mens aanlyn meer selektief liedjies aanskaf sonder om 'n volle album te koop waarvoor jy nie noodwendig lus is nie.

Natuurlik is Itunes eksklusief vir diegene wat die Itunes-sagteware afgelaai het en 'n iPad, iPhone of iPod besit, maar dit is verteenwoordigend van hoe digitale musiek besig is om die bedryf te verander.

Digitale musiek het CD's vervang op dieselfde wyse wat kassette jare gelede vir plate, en CD's vir kassette vervang het.

Suid-Afrika kom eintlik 'n bietjie laat na die digitale partytjie, met internettoegang en kostes wat die afgelope jaar of so drasties landswyd verbeter het. Dit beteken die digitale musiekmark en opsies om musiek te koop sal baie vinnig verbeter.

In dié veranderende omstandighede is die enigste opsie vir winkels om aan te pas of uit te sterf. In Europa het die meeste van die groot CD-winkels reeds gesluit of hulle fokus verskuif na die verkoop van DVD's en ander optiese media. Wat dit natuurlik nie meer musiekwinkels maak nie.

Die afgelope maand het die Look and Listen-winkel in Kaapstad se Canal Walk sy deure gesluit en is vervang deur 'n klerewinkel.

Met die toename in digitale musiekverkope is dit maar net die begin van swaar tye vir CD-winkels landswyd.

– Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Paulshof - 09:45 AM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road - expect DELAYS
  • Thursday Woodmead - 09:43 AM
    Road name: Pretoria Main Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Woodmead Drive
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.