Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Superman en kie het lank nie meer slaankrag

2012-10-24 08:54
Tweets Share Share line Print

Hoe meer Hollywood weghardloop met sy fassinasie met strokiesprentkarakters, hoe minder verstaan ek waarom mense hierdie rolprente gaan kyk.

Jy kan vandag skaars 'n draai loop sonder om van elke hoek en kant af met die een of ander spandex-geklede superheld gekonfronteer te word. Genadiglik nie in persoon nie – want dit kan nogals ongemaklik raak... vir die superheld, natuurlik.

Met die wêreldwye resessie en dunner beursies belê Hollywood deesdae al minder geld in nuwe idees en konsepte, en fokus eerder op opvolgflieks en remakes van resepte wat voorheen gewerk het.

Die groot fokus val dus op sprokiesprentkarakters soos Batman, Spiderman, X-Men, die Avengers en diesmeer.

Behalwe vir Christopher Nolan se Batman-trilogie en die onlangse Spiderman (wat ook maar eintlik net 'n remake is) is daar egter nie veel om oor opgewonde te raak nie. Tog het die ateljeebase flieks oor dié karakters begin vervaardig asof dit uit die mode gaan.

In die afgelope paar jaar is daar flieks gemaak oor karakters soos Ghost Rider, Thor, the Punisher, the Green Lantern en Jonah Hex. Van dié stories het ek al so hier en daar 'n minuut op televisie gesien, maar ek het telkens vinnig verveeld geraak.

Dié rolprente word natuurlik in 2013 en 2014 opgevolg deur onder andere The Flash, Aquaman, Green Lantern 2 (gaap), Iron Man 3, Ant-Man, Deadpool en Guardians of the Galaxy.

Daar was so 'n paar jaar gelede 'n fliek oor uile wat mekaar behoorlik opgedons het – 'n fliek wat Guardians in sy naam gehad het. Ek het net die klimaks van daardie film gesien, en het gedink dis ongelooflik wat uile kan doen. Tensy daar nóg 'n fliek uitkom oor nóg uile wat mekaar verder, dieper en beter opdons, stel ek egter nie belang in enige ander soort Guardian nie.

The Hulk sal tien teen een ook die derde agtereenvolgende fliek in die afgelope 10 jaar wees wat oorgedoen word met 'n nuwe akteur. Dis nou 'n karakter wat grotendeels op rekenaaranimasie staatmaak en sodoende eintlik nie eers 'n regte egte akteur met opleiding nodig het nie. Hulle kan vir daardie doeleinde eintlik van talentlose akteurs uit die Twilight-franchise gebruik maak – soos die wolfie en daardie ander vent wat se vel so mooi helder in die sonlig skyn. Dié franchise het mos nou tot 'n einde gekom en hulle moet nou 'n nuwe manier vind om petrol vir hul onderwater-duikbote te koop.

Ant-Man vertel die wonderlike, lewensveranderende verhaal van die een of ander ou wat die vemoë het om so klein soos 'n mier te word. Dit is sy superkrag – om so klein soos 'n mier te word en dan seker nou net so sterk soos 'n klein mier te wees. Ag, mammie! Dus kan hy dalk die oorblyfsels van springmielies wat in die teater oorbly, wanneer almal 30 minute in die fliek in uitstap, optel. Give that (ant) man a Bells!

Dan is daar die nuwe Superman-fliek (The Man of Steel) wat 'n remake van 'n remake is. Die vorige een was 'n bietjie meer silwer spray-on as stainless steel en daar is niks wat 'n mens oortuig dat dié een nie ook maar net meer van dieselfde gaan wees nie. Dit is so 'n bietjie soos om 'n nuwe Blackberry bekend te stel en mense te probeer oortuig dat dit 'n goeie foon gaan wees.

Na aanleiding van die sukses van The Avengers, wat natuurlik allerhande wonderlike helde, soos The Hulk en Captain America 'n kans gee om hul ding te doen, het DC Comics besluit om 'n soortgelyke weergawe, The Justice League, bekend te stel. Twee van die hoofkarakters is Superman en Batman, en ek kan my amper nie iets meer belagliks voorstel nie. Tog sal hierdie fliek weer die dollars laat inrol, en die film-base sal weer al die pad bank toe lag.

Miskien is dit beter as die wêreld wél in 2012 vergaan? Sonder dat 'n Ant-Man, 'n Ghost Rider of 'n Jonah Hex ons almal probeer red.

Genade, tog.

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Randvaal - 11:53 AM
    Road name: R59 Southbound
    DELAYS between R550 Heidelberg Road and Henley Drive
  • Thursday Illovo - 11:43 AM
    Road name: Corlett Drive Westbound
    DELAYS between the N1 Highway and Irene Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.