Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Só lyk 'n wenspan mos!

2012-08-23 08:31
Tweets Share Share line Print

Die Proteas het die afgelope maand die uitdaging van hul toetsreeks in Engeland met vlieënde vaandels geslaag.

Om die toetsreeks Maandag met 2-0 te beklink eerder as om gelykop te speel het die kersie behoorlik op die koek vir beide span en ondersteuners geplaas.

Die invloed van Gary Kirsten en sy afrigtingspan het 'n merkbare verskil aan die lot van die span gemaak.

Die Suid-Afrikaanse span was oor die afgelope 15 jaar nog altyd naby aan wêrelddominansie, maar ná die ondergang van 'n ongelooflike Australiese span het die Proteas die vermoë om hulself in die voet te skiet, bemeester, totdat ons ondersteuners nie meer hare oorgehad het om uit te trek nie.

Met Gary Kirsten as bevelvoerder sien ons moontlik nou die eerste tekens van 'n wenspan wat reg is om oor te neem en weer die krieketvlam by plaaslike ondersteuners aan te steek.

Dit is nie toeval dat ons huidige toets-, eendag- en T20-span een is met die grootste verskeidenheid spelers ooit nie. Die manne spog ook met 'n kalmte en nederigheid wat nog nooit 'n sterk punt vir enige Protea-span was nie.

Vir die spelers tot sy beskikking kan Kirsten nie enige krediet kry nie – soos enige nasionale span-afrigter is hy ook maar uitgelewer aan die talent wat tot sy beskikking is.

Van al die kolfhelde wat Suid-Afrikaanse krieket al oor die jare gehad het, het ons tans drie van die grootste talente tot ons beskikking: Kallis, Amla en AB de Villiers. Al drie lê tans onder die topvyf van die IKR se toetskrieket-kolfranglys.

Ons boulers vaar ewe goed: Dale Steyn en Vernon Philander lê tans eerste en tweede op die toetskrieket-boulranglys. Die besluit om Philander Engeland toe te stuur om klubkrieket te speel en die omstandighede gewoond te raak was 'n ongelooflik geïnspireerde een.

Dit is lekker om 'n span te hê wat só divers is in terme van talent en kulturele agtergrond, en anders as ons Engelse opponente kan ons met trots sê – hulle is ons s'n!

Selfs ons ingevoerde Imran Tahir is ongelooflik passievol en lyk na 'n gewilde karakter onder die spelers. Hoe sleg moet dit nie wees om te weet dat amper die helfte van jou span eintlik maar hul oorsprong in 'n ander land het nie?

Wat die span se kalmte en nederigheid betref is daar soveel duidelike tekens dat wat agter die skerms met die spelers besig is om te gebeur, besig is om te werk.

Daar was altyd 'n mate van senuweeagtigheid en spanning wat hand aan hand met enige vertoning op oorsese bodem gegaan het, maar na 'n verlengde tyd saam met die span het Kirsten al hierdie tekens soos mis voor die son laat verdwyn.

Daar is 'n onmiskenbare vreugde en passie wat terug is in ons spelers se lyftaal, en 'n trots wat beloon word met die nodige resultate.

Kyk maar net na die totale vreugde wat losgebars het onder die spelers toe die laaste paaltjie geval het. Die skrif vir die wedstryd en reeks was reeds aan die muur aan die einde van die vierde dag – tog lyk dit asof dit nie genoeg was nie en of hulle daarop gefokus was om die Engelse paaltjies een vir een te vermorsel. Eers toe die laaste kolwer terugkeer pawiljoen toe, was dit die regte tyd om fees te vier.

Laastens is Gary Kirsten se impak nêrens meer sigbaar as in Graeme Smith nie. Sy kapteinskap oor die afgelope reeks was werklik besonders en dit kom net met ervaring, sowel as 'n baie goeie verstandhouding met sy afrigter. As 'n speler wat sopas die rekord gebreek het vir die kaptein wat die meeste keer sy nasionale span gelei het, is die ironie daarin dat sy beste dae as kaptein moontlik nog voor hom lê.

Ek was nog nooit baie erg oor Graeme Smith as kaptein en speler nie, maar in sommige gevalle is dit goed om liederlik verkeerd bewys te word. Dis veilig om te sê hy het sy kritici se monde behoorlik gesnoer.

Die spangees wat gebou is oor die afgelope jaar is iets wat ander spanne nie maklik sal afbreek nie – veral omdat dit met 'n trommel vol talent gepaard gaan.

Hierdie twee faktore sal sorg dat die Proteas nie net die konings van toetskrieket is nie, maar dat ons Suid-Afrikaners uiteindelik ons hande op 'n trofee of twee sal kry oor die volgende 12 maande.

Indien Kirsten en sy troepe vir Mickey se manne op hul plek sit sal hulle die geleentheid hê om vir lank nog koning te kan kraai oor almal in wêreldkrieket in meer formate as net toetskrieket.

Daar is vir my geen twyfel dat hulle presies dit gaan doen nie.

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.