Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Proteas het baie om te leer

2013-03-06 08:55
Tweets Share Share line Print

Na die afloop van 'n uiters suksesvolle toetsreeks teen Pakistan, kon ek nie die enigste Suid-Afrikaner wees wat uitgesien het na 'n lekker eendagwedstryd op 'n Sondagmiddag tussen dié twee spanne nie.

Ongelukkig het Pakistan die Proteas behoorlik ore aangesit en het dit nie vir soveel kykgenot gesorg as wat ek gehoop het nie.

Bygesê, dit was 'n onervare span, en was waarskynlik die ideale geleentheid om vir 'n paar nuwelinge en randfigure 'n kans te gun. Tog was dit totaal en al vergeetlik. Die ouens kon eenvoudig nie hul kans vat nie teen 'n baie opwindende en ervare Pakistan-span wat genoeg pakslae vir een somer gekry het en sekerlik hul kans om wraak te neem, vreeslik geniet het.

Van die begin van die wedstryd af het die Pakistanse kolwers die Proteas se boulers sagter as ryp papajas gemoker. Laat in hul kolfbeurt het die boulers teruggeveg, wat vir 'n bietjie hoop en optimisme gesorg het voordat dit die Proteas se beurt was om te kolf.

Die een en sekerlik enigste positiewe aspek wat die ouens uit die wedstryd kon neem is AB de Villiers se vertoning as openingskolwer. Ek is nie oortuig daarvan dat Quinton de Kock al gereed is om vir AB te vervang as paaltjiewagter nie en AB se posisie as een van die voorste kolwers in die wêreld gaan dit nie juis veel makliker vir hom maak nie. Waar AB kolf maak egter seker nie soveel saak nie, aangesien daar so min boulbeurte is. Dat hy wel kolf is al wat saakmaak.

'n Mens kan ook nie anders as om vir De Kock jammer te kry nie – sy kanse sovêr was baie beperk. Genadiglik vir hom is hy nog jonk en het hy hopelik nog baie jare agter die paaltjies wat vir hom voorlê.

Oor die ander kolwers hoef 'n mens nie eintlik veel te sê nie. Hulle vertoning (of tekort daaraan) het die swakste totaal deur 'n Protea-span in die geskiedenis van T20-wedstryde opgelewer.

Ongelukkig het die eerste wedstryd uitgereën en ongelukkig kan daar nie veel gebou word op 'n enkele wedstryd nie.

Genadiglik neem niemand hierdie goed verskriklik ernstig op nie en sal die ondervinding hopelik die spelers laat herfokus en dwing om na te dink voor hulle weer die kans kry om die groen en goud te dra. In watter vorm van die spel dit ook al mag wees.

'n Mens kan ook nie anders as om Pakistan se vertoning te loof nie. Behalwe vir die feit dat hulle stoom verloor het aan die einde van hulle kolfbeurt, het hulle nooit buite hulle gemaksone gespeel nie en kon hulle elke groot aflewering van die Proteas behoorlik grens toe pos.

Die groot les vir ons ouens is om te leer om kalm te wees en om nie weg te kruip nie. In kontras met toetse kry elke kolwer of bouler in elk geval die meeste van die tyd 'n baie kort kans om te speel. Pakistan het hongerder gelyk vir lopies en verantwoordelikheid geneem – iets wat 'n mens van ons jonger spelers moet kan verwag in die toekoms.

Die voordeel van dit alles is dat Faf sy span se opponente geluk gewens het, en erken het dat hulle by Pakistan kan leer. Dit is duidelik dat die afrigterspan besig is om nuwe dinge te probeer en 'n behoorlike balans te vind. Dit is soveel beter as om voort te sukkel met dieselfde mislukkings, soos die norm was voor Gary Kirsten hoofafrigter geword het.

Nou kan die spelers en ondersteuners darem uitsien na 'n eendagreeks teen 'n Pakistan-span wat hul byt terug het en sekerlik vir 'n behoorlike tweestryd sal sorg oor die volgende maand.

Kom ons hoop dat 'n paar van die lesse wat geleer is die afgelope Sondag sal help om die legkaart vir die span se pad vorentoe te bou.

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Pretoria - 17:24 PM
    Road name: N4 Bakwena Highway Westbound
    SLOW TRAFFIC approaching the Doornpoort Toll Plaza
  • Tuesday Pretoria - 17:24 PM
    Road name: Visagie Street
    OVERTURNED TAXI at Princes Park Avenue - expect DELAYS leaving the CBD area
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.