Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Oor vrees, verdeeldheid en leuens

2012-11-21 08:52
Tweets Share Share line Print

Liefde wen. Die waarheid sal seëvier.

Hierdie is uitdrukkings wat met enige mens se hart resoneer. Of ten minste wat 'n mens met jou hart wíl laat resoneer. Dit is iets wat ek met alles in my wíl glo – al is dit nie altyd maklik nie.

Tog is daar diegene in ons reënboognasie wat dié ideologieë omkeer en misbruik om hulle eie politieke agendas te bevorder.

Opvoeding, 'n beter verstandhouding tussen al ons mense en 'n bietjie genade is al wat gaan help om 'n einde te bring aan die "koue oorlog" wat tans in ons land aan die gang is.

As 'n mens spesifiek na die plaaswerkerstaking kyk, sou dit byvoorbeeld 'n groot verskil gemaak het as diegene wat staak (ongeag van of hulle werklik plaaswerkers is, of bloot buitestaanders wat met busse aangery is) geweet het dat dit nie die boere self is wat die minimum loon bepaal nie. Dit sou ook gehelp het as hulle daarvan bewus was dat buitelandse mededinging ons boere reeds dwing om kostes tot die minimum te beperk, en dat boerdery as 'n bedryf deesdae nie juis vir jou sakke en sakke vol goud beteken soos dit dalk vir sommige in die verlede was nie.

In werklikheid is daar vandag bitter min plase in ons land wat 'n goeie hoeveelheid geld maak.

Die feit dat plase en toerusting gebrand en vernietig word, het natuurlik net 'n groter impak op plase se winsgewendheid. As boere dan nog die salarisse van hulle werkers verdubbel sal dié plase of moet sluit, of die helfte van hulle arbeidsmag moet afdank.

Ongelukkig is dit egter altyd makliker om die vinger na iemand anders te wys as om self verantwoordelikheid te neem, om te sorg dat mense behoorlik ingelig is, en om jou kant te bring in besprekings oor minimum lone.

Dit lei eindelik tot die huidige situasie: 'n gevoel van vrees en haat van die werknemers jeens die boere; terwyl die boere op hulle beurt soms vir hulle lewens vrees.

As ons mense nie gaan leer om mekaar te verstaan en so 'n bietjie in mekaar se skoene te loop nie, sal ons nooit leer om mekaar lief te hê nie.

Die faktor van leuens en oneerlikheid dra egter ook by tot die huidige atmosfeer in die land.

As die media sê daar is geen verband op die president se woning in Nkandla nie, en dat dit met belastingbetalers se geld betaal word, hoef die regering bloot die septer te swaai en te sê dit is nie waar nie. Enigiemand wat 'n koerant kan lees wéét mos dit is 'n loutere spul onsin.

As dinge gewerk het soos in Pinocchio, het 'n paar mense in hierdie land sonder twyfel belaglike lang neuse gehad.

Tog is daar honderde duisende mense in ons land wat die mediadekking oor die saak as 'n regse komplot beskou en skerp reageer omdat die media durf om ons president te bevraagteken.

In so 'n samelewing is feite nie werklik van belang nie.

Boonop het Cosatu en Passop Dinsdag 'n verklaring uitgereik waarin hulle die vinger wys na boere, en húlle vir die plaaswerkerstakings blameer.

"Ons is geskok dat die plaaseienaars in De Doorns... vandag ernstige pogings aangewend het om anargie, xenofobie en gewelddadige verdeeldheid onder die gemeenskap van werkers te veroorsaak," het die twee groepe in 'n gesamentlike verklaring gesê.

Kan jy jou dit verbeel? Om watter rede sou boere verdeeldheid probeer veroorsaak en sodoende hulle eie plase, inkomste en dorpe – sowel as die inkomste van hul eie werkers – op die spel plaas?

Nee wat. Voortaan sal ek maar moet "Passop" en elke tikkie inligting wat uit die mond van 'n lid van die regerende party of groepe soos Cosatu kom, met 'n reuse-knip sout neem.

'n Mens kan maar net hoop dat die waarheid en liefde weer sal seëvier soos dit hoort, en dat diegene wat werklik agter die verdeeldheid en geweld sit, tot verantwoording geroep sal word.

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.