Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Niemand kan dié hartseer verstaan

2012-10-17 08:31
Tweets Share Share line Print

Paule-Henry Botha

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Ek het via Facebook en die plaaslike nuus die afgelope week verneem van die storie van Paule-Henry Botha, wat in Kaapstad verdwyn het.

Ek ken 'n woonstelmaat van Paule-Henry van universiteitsdae af.

Nadat hy sy huismaats laas Donderdag by Observatory-treinstasie afgelaai het, sou hy gaan draf het en dan werk toe gegaan het. Dit het egter nie gebeur nie en toe sy huismaats om 18:20 tuiskom, het sy motor buite geparkeer gestaan, met sy werksklere en storthanddoek nog onversteurd soos dit reggesit is.

Sedertdien was daar nog geen spoor of teken van Paule-Henry nie.

Daar het ook geen van sy besittings buiten 'n paspoort, ID-dokument, beursie en rugsak verdwyn nie. R3 000 is by Kaapstad-stasie met sy bankkaart getrek en tot dusver kon daar nog nie op die stasie se geslotekring-beeldmateriaal vasgestel word wie die geld getrek het nie.

Wat van Paule-Henry geword het weet 'n mens nog nie, maar as 'n mens realisties na die situasie kyk is daar oorwegend twee opsies:

* Paule-Henry het iets oorgekom en is op 'n plek waar niemand hom nog kon vind of dink om hom te vind nie.

* Paule-Henry het gekies om te verdwyn.

Dit help nie om sinneloos te bespiegel oor wat gebeur het of wat nie gebeur het nie. Al wat 'n mens kan hoop is dat hy weer lewend tuis sal kom.

Ek dink terug aan 'n onderwyser wat ek op hoërskool gehad het. Toevallig was sy ma my standerd 1- (nou, graad 3-) onderwyseres in die jaar wat hy verdwyn het. Van my herinneringe is 'n bietjie vaag, so verskoon my as ek die besonderhede nie 100% korrek het nie.

Weens sy ongelukkigheid met sy studies en in 'n poging om daarvan te ontsnap, het hy besluit dat dit beter sou wees om sy eie dood te vervals deur te maak of hy verdrink het op 'n strand. Ná 'n roudiens en heelwat drama kom 'n vriend van hom toe daarmee uit dat hy die pad gevat het Afrika in.

Ek weet nie hoe lank hy weggeloop het nie, maar hy het op die ou end wel sy terugkeer huis toe gemaak en die storie het 'n gelukkige einde gehad.

Tog, ten spyte van moderne tegnologie, raak mense daagliks weg, en dit is iets wat 'n pa, ma, vriend, vriendin of familielid kan folter indien daar nie uitsluitsel kom nie.

In Wallis is April Jones nou al amper drie weke soek, en 'n mens kan jou net nie die wanhoop en angs van haar ouers verbeel. In kontras met Paule-Henry is sy maar 'n jong en onskuldige dogtertjie en die omstandighede van hoe sy verdwyn het is nie vergelykbaar nie.

Nog 'n onskuldige dogtertjie, Madeleine McCann, word nou al vir langer as vyf jaar vermis en ten spyte van baie teorieë oor waar sy haar bevind, is haar ouers nog nie nader aan enige antwoorde nie.

'n Mens kan jou net indink deur watter hel April en Madeleine se familie gaan. Om nie te weet wat van iemand na aan jou geword het nie, en om met dié wete te moet saamleef, moet hartverskeurend wees.

Wat ek nie kan verstaan nie, is hoe daar mense is wat elke oggend wakker word en kies om nie die lyding van April, Madeleine en natuurlik Paule-Henry se familie, te verminder deur uit te kom met wat hulle weet nie.

Ek kan net hoop dat watookal die geval is, hierdie storie 'n gelukkige einde het – en dat daar die nodige uitsluitsel en antwoorde kom.

* Indien jy enige inligting aangaande Paule-Henry het kan jy die polisie in Woodstock by 021 443 3117 of Missing Children SA by 072 647 7464 kontak.

– Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.