Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Mangaung 'n keerpunt vir ANC

2012-12-12 08:12
Tweets Share Share line Print

Eerskomende Sondag begin die ANC se langverwagte verkiesingskongres in Mangaung.

Mangaung is natuurlik Sesotho vir "Plek van die jagluiperd,"vir diegene wat nie weet nie.

Die fokus van die kongres sal val op die leierskap van die party – dit is immers 'n verkiesingskongres. Dis egter jammer dat die klem op hierdie spesifieke tyd in ons land se geskiedenis op leiers val, en nie op leierskap self nie.

Amper 70% van die provinsies het Jacob Zuma as hul kandidaat benoem en tensy iets vreemds gebeur sal Zuma vir 'n tweede termyn verkies word.

Intussen is ons land se onderwysstelsel in 'n totale chaos en armoede is besig om soos 'n veldbrand te versprei. Dít terwyl ons regeerders hulle eie sakke volstop en oordadig luuks lewe.

Dit is werklik om van naar te raak.

Ek is ten gunste van 'n verskuiwing in leierskap, maar nie net om iemand nuuts in te bring nie.

Indien Kgalema Motlanthe wel die leisels van die ANC oorneem, sou hy dan ook werklik moet lei. As 'n mens nie verskille sien in hoe ons land regeer word nie, maak 'n verandering in leierskap immers nie sin nie.

As Zuma egter 'n tweede termyn kry, sal hy en sy kamerade werklik moet begin om hulle te bemoei met die lot van die jeug en die volgende generasie, wat veral ly onder hulle wanbestuur en traak-my-nie-agtige houding. Tog hou ek nie my asem op daarvoor nie.

Die regering het soos 'n kind geword wat met enige teëspoed die vinger na iemand anders wys en dan verwag dat daar nie verdere vrae daaroor sal wees nie.

Ten spyte van soveel pogings deur verskillende leiers blyk daar grootskaalse verdeeldheid in die ANC te wees. Dit laat 'n mens wonder of die kamerade ooit hulle sake in orde sal kry sodat hulle daarop kan fokus om die land te bestuur.

In 'n land met soveel kwessies en vraagstukke is dit nou broodnodig dat die regerende party hom in Mangaung bemoei met werklike oplossings en 'n padkaart vir die vooruitgang van die land.

Laat ons maar net hoop dat die soeke na 'n leier nie lei tot verdere insinking in leierskap nie.

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Irene - 14:33 PM
    Road name: Nellmapius Drive Westbound
    DELAYS at Main Road
  • Wednesday Crown - 14:33 PM
    Road name: Main Reef Road Westbound
    DELAYS between Marshall Street and Church Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.