Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Maak sélf die verskil

2013-01-02 10:26
Tweets Share Share line Print

So vaar ons toe nou 2013 met sjampanje en vuurwerke in!

Ten spyte van bekommernisse oor die wêreldekonomie, sowel as ons eie land se unieke probleme, sal die meeste mense tien teen een uitsien na die nuwe jaar met nuwe hoop.

Ons het mos in elk geval die hele 2012-is-die-einde-van-die-wêreld-ding oorleef sonder enige drama.

Jy moet egter 'n baie groot pessimis wees as jy kronies glo dat dinge in jou persoonlike lewe en jou omgewing nie sal begin omkeer in hierdie jaar nie. Ek glo dit is 'n kern-deel van mense se harte – om te kan hoop en glo dat daar iets beters op pad is. As 'n mens net glo dat dinge al hoe slegter gaan word sal die wêreld 'n baie donker plek wees.

'n Hele paar mense het die afgelope week op Facebook gesê hoe bly hulle is dat 2012 verby is, en dat dit nie 'n goeie jaar was nie.

Dié soort uitlating hang seker van 'n mens se persoonlike ervarings gedurende die jaar af. Vir my was dit nie noodwendig 'n uitstaan-jaar nie, maar 'n mens is dankbaar vir jou eie gesondheid en die tyd met geliefdes en familie.

Ek is dankbaar vir die sëen wat ek beleef deur die mense rondom my en ook die geleentheid om te probeer om 'n verskil in hulle lewens en die lewens van ander te maak.

Miskien is dit ons opdrag vir die nuwe (en elke) jaar – om self te probeer om die verskil te maak in die lewens rondom ons. In 'n land waar daar baie tekortkom in ons sosiale sfeer moet 'n mens sovêr as wat moontlik is self die verskil maak waar ander dit nie doen nie.

Die einde van selfgesentreerdheid en omgee vir ander is die enigste manier wat Suid Afrikaners in die nuwe jaar ook 'n duik gaan maak in die probleme en kwessies wat ons almal raak en kwel. Ek het nie juis altyd die blinkste idees nie - maar ek dink eenvoudige goed soos om bloed te skenk, ou klere vir 'n klerebank te gee, nie dronk agter die stuur van 'n motor te klim nie en om meer geduldig met mekaar te wees is 'n maklike begin.

Die alternatief – om terug te sit en te hoop dat die wêreld self gaan verander is nie 'n opsie nie.

Ek wens almal 'n geseënde en voorspoedige 2013 toe!

– Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.