Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Lojaliteit aan't kwyn terwyl rugby-rande inrol

2012-07-19 08:13
Tweets Share Share line Print

Rugby is besig om in sokker te verander.

Nee, die spelers het nie oornag begin leer hoe om aan te sit en rond te rol op die grond vir geen rede nie. Hulle het ook nie besluit om die ovaal-bal met 'n ronde een te vervang nie. Ten spyte van party van ons spelers se beste pogings om te kyk of hulle die bal meer keer kan skop in 'n wedstryd as om dit vir 'n spanmaat te pass, is dít ook nie waarvan ek praat nie.

Rugby is besig om, nes sokker, in 'n sport te verander waar die enigste lojaliteit wat vir spelers en spanne bestaan 'n lojaliteit teenoor hul bankstate is.

Kyk, 'n mens kan nie enige speler kwalik neem omdat hy die beste kontrak moontlik vir homself soek nie. Dis lankal nie meer die 80's en die 90's waar daar nie te veel van 'n verskil was tussen wat jy by die Vrystaat en die Bulle verdien het nie. Dit wil vir my voorkom asof trots en lojaliteit teenoor 'n sekere provinsie in daardie tyd 'n baie groter rol gespeel het – en dis eenvoudig nie meer so belangrik vir vandag se spelers nie. Indien iemand byvoorbeeld môre by my kantoor instap en my laat weet dat hulle my salaris sal verdubbel om elders te gaan werk, sal my bedankingsbrief waarskynlik ingehandig wees voordat jy kan cheers sê. (Moenie vir my baas sê nie.)

Dis eenvoudig – vir dié spelers is rugby ook maar net 'n werk. Al lyk dit soms van buite af na 'n lekker lewe in teenstelling met 'n kantoorwerk by Absa. Rugbyspeel kan seker ook net lekker wees totdat Bismarck du Plessis vir jou in jou maai in tackle.

Dit is belangrik dat spelers die beste moontlike kontrakte teken vir hul loopbaan, wat ook nie te lank is nie. Na aftrede is daar geen waarborg van 'n rol by enige span of in die media nie. Rugby, defnitief meer so as sokker, het 'n baie hoë risikofaktor en die belowendste speler kan ook net een hoogvat weg wees van die einde van sy loopbaan.

'n Mens sit dan met 'n situasie wat daar twee tot drie spanne is (soos tans met die Stormers, Bulls en Sharks) wat die beste spelers kan kontrakteer weens hul finansiële vermoëns en dat daar dan 'n gaping tussen hulle en die res is. Dit is sekerlik ook niks nuuts nie en 'n mens kan seker ook nie vyf verskriklik goeie spanne hê nie – iemand moet wen en iemand moet verloor.

Die probleem is nie dat daar 'n gaping is nie. Dit is die feit dat die gaping elke jaar besig is om groter en groter te raak en dit moontlik op een of ander punt naby aan onmoontlik vir spanne soos die Leeus en Vrystaat gaan raak om met die res mee te ding.

Spelers is dan ook meer geneë om rond te skuif en sodoende geen "legende-status" by enige van die spanne te hê nie. Ons huidige generasie spelers is dalk die laaste een wat met individue spog wat 100% lojaal teenoor hulle span was – Schalk Burger is 'n goeie voorbeeld hiervan.

As Bul-ondersteuner laat Bryan Habana so 'n bietjie van 'n bitter smaak in die mond. Hy het die potensiaal gehad om een van die grootse Bul-helde van alle tye te wees en hy het enige kans om dit te doen sekerlik verloor toe hy afgeskuif het Kaap toe. Of is ek nou 'n bietjie suur? Sal die Stormers-ondersteuners Habana met sy aftrede sien as 'n Stormer of 'n voormalige Bul?

Dan natuurlik is daar die tonne talent wat vergader en vergaan by spanne soos die Bulle.

'n Speler soos Grant Hattingh sal byvoorbeeld teen hierdie tyd volgende jaar op 22-jarige ouderdom al vir beide die Bulls en die Lions gespeel het. Indien dinge by die Bulls nie uitwerk nie skuif hy seker weer terug Kaap toe.

Die borge van die spanne en toernooie soos die Super 15 is natuurlik die groot dryfveer agter die situasie. Hulle is ook gou om kommersiële geleenthede raak te sien, uit te buit en hulle sakke propvol te stop, ten koste van die ondersteuners.

In 'n onlangse gesprek met 'n kennis wat vir Puma se bemarkingspan in Kaapstad werk het hy vir my vertel dat die Bulls se pienk truie die een item in Puma-winkelrakke is wat die afgelope 12 maande die beste verkoop het van enige item. Iemand het dus geweet presies wat hulle doen met hierdie idee.

Verwag meer van dié klas van toertjies met meer spanne as net die Bulls oor die volgende klomp jare. Mense gaan so aan oor die pienk truie – ek dink in elk geval steeds dat dit niks is nie in vergelyking met die absoluut lasterlike rooi truie wat Vodacom laasjaar in ons kele afgedwing het (al was dit net vir een wedstryd).

Moderne Europese sokker is die toonbeeld van alles wat 'n spansport nie moet wees nie. Belaglike salarisse, 'n rondskuiwery sonder enige lojaliteit deur spelers en 'n groeiende gaping tussen die salarisse en leefstyl van die spelers teenoor die finansiële opofferings van die ondersteuners, wat ten duurste betaal aan kaartjies, truie en diesmeer om "deel" te wees van hul span of klub.

Die hartseer feit van die saak is dat die enigste mense met diep lojaliteit wat in die sport oorbly, die ondersteuners is – en hulle is die meeste van die tyd niks meer as 'n speelding van die borge nie.

Miskien is dit vir party ouens net belangrik dat hulle span wen en nie wie vir hulle speel of vir hoe lank die ouens vir hulle speel of waar hulle voorheen gespeel het nie. Vir my voel dit dat enige spansport wat nie 'n diep-gewortelde lojaliteit het nie, 'n groot deel van sy bekoring verloor.

Miskien vereis moderne sport dan dat jy minder met jou hart voel en meer met jou kop dink.

Soos lojaliteit teenoor die tjekboek vir spanne en spelers al hoe belangriker raak, sal rugby waarskynlik nes sokker sy siel verkoop.

Nou moet die spelers nog net leer aansit.

– Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.
 

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.