Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Les Misérables ‘n triomf in fliekvorm

2013-01-30 09:01
Tweets Share Share line Print

Flieks oor musicals is oor die algemeen nie regtig vir my nie.

Eerstens moet jy erg wees oor die musiek in dié soort flieks en tweedens help dit as daar ten minste 'n ordentlike storie is.

Ek besef dat dit vir mense vreemd kan wees om 'n musiekblyspel te kyk, aangesien die karakters van begin tot einde spontaan in sang uitbars. Dit is soos 'n Disney-fliek op steroïde.

Les Misérables, wat onlangs in teaters uitgereik is, vang 'n mens met 'n bo-gemiddelde storie en klankbaan. Ek dink dit is werklik die beste fliek van sy aard wat ek al gesien het (hoewel ek nie 'n punt daarvan maak om dié soort fliekte kyk nie).

Die fliek en klankbaan is 'n vertolking van die blyspel wat wêreldwyd teatergangers se verbeelding en harte aangegryp het. Dit is op die boek deur Victor Hugo gebaseer, wat ten spyte van 'n aanvanklik negatiewe reaksie deur kritici, 'n groot uitwerking gehad het op lesers.

Die storie wentel om heelwat temas, maar die oorhoofse tema is een van geloof en hoe mense die lewe, die aard van liefde en God beleef. 

Jean Valjean (gespeel deur Hugh Jackman in die fliek), word 19 jaar gevangenis toe gestuur omdat hy 'n stuk brood gesteel het vir sy suster se honger dogter. Die fliek begin waar Valjean vrygelaat word en hoe hy leer van vergifnis en genade en sodoende sy parool vryspring om 'n nuwe mens te word en'n nuwe lewe te begin. Aan die ander kant is daar Inspekteur Javert (gespeel deur Russel Crowe) wat volgens die wet lewe en vir wie genade en vergifnis nie bestaan nie. Javert maak dit sy lewensdoel om Valjean op te spoor en hom voor die gereg te bring.

As deel van Valjean se nuwe lewe maak hy 'n belofte aan die sterwende Fantine om haar dogter Cosette uit die kloue van die gesin wat haar grootmaak te red en vir haar 'n ordentlike lewe te gee.

Die rol van Fantine, wat op 'n tragiese wyse 'n prostituut word om vir haar dogter te sorg, word op 'n besonders roerende wyse deur Anne Hathaway vertolk. Sy is nie langer as 20 minute op die skerm nie, maar haar weergawe van “I Dreamed a Dream” is so intiem en hartroerend, lank na ‘n mens by die teater uitgestap het. Sy het met dié liedjie die onmoontlike vermag – om meer mense na trane te dryf as wat Susan Boyle met háár weergawe gedoen het.

Daar is ook die liefdesverhaal van die volwasse Cosette en Marius, die poging van 'n groep studente wat die Franse regering probeer omvêrwerp, sowel as baie ander kleiner storielyne en intriges.

As daar een aspek van kritiek is wat ek oor die fliek kan lewer, is dit dat ek nie heeltemal oortuig is oor Russel Crowe se vermoë om 'n dinamiese sanger te wees nie. Hy lyk uitstekend in die rol van Javert en ek sukkel om te dink aan enige ander akteur wat die rol met geloofwaardigheid sou kon vertolk – maar wanneer hy begin sing kom hy nie werklik op sy gemak voor nie.

Dit doen egter nie veel afbreek aan die geheelbeeld en belewenis nie.

Dit is moeilik om op te som wat ‘n mens werklik in die fliek beleef want daar is soveel aspekte – soveel hartseer, hoop, wanhoop, mislukking en oorwinning. Daar is nie baie stories, flieks of musiekblyspele wat die emosionele impak en omvang van hierdie verhaal troef nie.

Les Misérables is 'n besonderse verhaal. Hoewel musiekblyspele nie vir almal is nie, bereik dié fliek iets wat soveel ander blyspele net kan hoop om te bereik. Dis inderdaad meer as net 'n fliek.

 – Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Pretoria - 14:58 PM
    Road name: N4 Westbound
    ACCIDENT on the side of the road before the N1 Interchange - delays passing the scene
  • Wednesday Benoni - 14:57 PM
    Road name: N12 Westbound
    DELAYS between Snake Road and the Tom Jones Street exit due to roadworks
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.