Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Is die buiteland tóg 'n opsie?

2012-09-26 08:28
Tweets Share Share line Print

Ons as Suid-Afrikaners het gewoond geraak aan misdaad. Dit is ongelukkig iets wat om elke hoek en draai sy kop uitsteek en dit lyk nie of dinge besig is om te verbeter nie.

In teendeel, selfs provinsies soos die Wes-Kaap, wat voorheen as veiliger as die res beskou is, lê deesdae onder die donker skaduwolk van misdaad.

Ek kan nie regtig sien wat dit gaan neem om dinge om te swaai nie. Dit is duidelik dat daardie inisiatief nie van die regerende party gaan kom nie en ten spyte van sekuriteitsdorpe en alarms en wagte en heinings en alles waarmee jy jouself kan "beskerm" dra al dié goed eintlik net by tot 'n vrees-gedrewe lewe.

As 'n naïewe, jonger en ongetroude man het ek altyd skepties gekyk na mense wat uit Suid-Afrika "vlug" (soos ek dit gesien het). My indruk was dat die media oor die algemeen stories buite proporsie opblaas, wat veroorsaak het dat mense se eie vrees hulle uit die land dryf.

Met so 'n dekade se addisionele lewensondervinding en vrae soos of daar eendag vir jou kinders 'n toekoms in ons land is, kry 'n mens egter nuwe perspektiewe.

Soveel soos wat sekere goed deur die media opgeblaas word, moet 'n mens stilstaan en besef dat daar mense nes jy en ek is wat vriende, familielede, ma's, pa's, kinders, oumas en oupas het wat rondom ons verniel en vermoor word. Soveel so dat die stories in die koerante amper nie meer skok nie.

Dus kan ek verstaan waarom sommige mense 'n punt bereik waar hulle sê: Ek voel nie veilig nie en wil graag êrens heen trek waar ek glo daar nie dieselfde uitdagings en onveiligheid as in Suid-Afrika is nie, en waar my kinders daarsonder kan grootword.

Ek glo nie daarin dat daar 'n "volksmoord-agenda" of enigiets van dié aard is nie; meer 'n totale disrespek vir die lewe gekoppel met armoede en onopgevoedheid. Hierdie is 'n kanker op elke volk en ras in ons land.

Die statistieke van moorde en geweld onder swart mense is tien teen een net so erg as onder blankes – indien nie erger nie. Ek het as deel van my werk al reg oor die land gereis in van die armste gedeeltes, waar daar definitief nie soveel bewustheid en teenwoordigheid van polisie en 'n regstelsel is nie, en daar moet baie aangaan wat ongesiend en ongehoord is en wat nie deel vorm van ons land se misdaadstatistieke nie.

Daar is ook goeie, opregte, hardwerkende mense wat net na hul eie stukkie vrede op aarde soek en daardie behoefte is nie uniek aan enige een groep mense nie.
 
Dus vra mens jouself af – bly jy of gly jy?

Voordat ek verder gaan moet 'n mens seker ook nie vergeet dat daar mense is wat oorsee gaan woon slegs vir die ongelooflike werksgeleenthede en 'n avontuurlustigheid om nuwe horisonne te ontdek nie.
   
Is die gras egter werklik groener aan die ander kant? Ek dink mense begin al hoe meer besef dat lande soos die VSA en Engeland nie meer so rooskleurig lyk as 10 of 15 jaar gelede nie en wêreldwyd is lande besig om dit al hoe moeiliker te maak vir mense om hulle daar te kom vestig.

Neem byvoorbeeld die aanvalle in Oslo deur Anders Behring Breivik. Hoe meer ek daaroor oplees hoe minder maak dit vir my sin en al wat sin maak is dat 'n mens wêreldwyd nie so veilig is soos wat 'n mens sou dink nie.

Natuurlik is die vlak van moord laer in hierdie lande. Tog is werkloosheid en armoede aan die styg in die meeste Westerse lande en dieselfde ssort probleme waarmee ons in oormaat sit sal daar ook al hoe meer sy kop uitsteek. Niemand weet hoe hierdie lande oor 20 jaar gaan lyk nie.

Vir elke bietjie pessimisme is daar tog ook hoop en lig en alles is nie bleek en donker in Suid-Afrika nie. Daar is baie om oor trots en hoopvol te wees en mense wat dinge wil laat werk.

Niemand weet ook hoe Suid-Afrika oor 20 jaar gaan lyk nie. Goed of sleg.

Ek wens ek het 'n kristalbal gehad wat vir my kon wys, maar nou het ek nie.

As gelowige mens glo ek in 'n God wat met 'n mens is, ongeag van watter uitdagings en beproewinge oor 'n mens se pad kom. Daar is so baie om voor te bid en te vertrou in ons land. Ons land is werklik soos klei in die hande van 'n pottebakker wat besig is om gevorm te word, sonder dat ons die eindproduk in hierdie stadium kan sien.

Ek het in my jong lewe al drie jaar in die buiteland gewoon en soveel as wat ek die belewenis geniet het en lekker gereis het, het ek nooit een honderd persent tuis gevoel in die buiteland nie.

Een gedagte wat by my opgekom het terwyl ek in die buiteland gewoon het was dat dit nie goed is vir 'n mens om so ver weg van jou familie, vriende en land op jou eie (geïsoleerd) te woon nie.

Dit is natuurlik nie 'n aardskuddende insig waartoe ek gekom het nie, maar daar is tog iets spesiaals daaraan om in 'n land te wees waar jou ouers en voorouers ook hul bestaan gemaak het en waar jy 'n "identiteit" het. Waar jy "behoort", as ek dit so kan stel.

Hoewel ek myself dus jare gelede belowe het dat ek nooit weer in die buiteland sal woon of wil woon nie, en al is dit nie iets wat ek selfs nou as 'n wesenlike opsie sien nie, kan ek insien waarom ander mense dit doen. Dis nie onmoontlik dat ek dit ook wel nog eendag saam met my familie sal doen nie.

Die ideaal sal egter wees vir my kinders, kleinkinders en agterkleinkinders om groot te word in 'n land waarvoor ek baie lief is.

– Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.