Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Malherbe Pelser

Hoe gemaak om padtragedies te voorkom?

2013-01-09 08:48
Tweets Share Share line Print

Suid Afrika het aan die begin van die jaar een van sy grootste sporthelde verloor.

Meer belangrik: Burry Stander se familie en geliefdes het iemand verloor wat hulle nooit weer terug sal kry nie.

Ek het nie vir Burry geken nie, maar as 'n mens die kommentaar en huldeblyke aan Burry lees, besef jy dat hy nie net gewild was weens sy prestasies nie, maar dat hy as mens ook diep spore in diegene wat oor sy pad gekom het, se harte getrap het. Dit is onmoontlik om nie daardeur geraak te word nie.

Nou verskyn die taxi-bestuurder wat hom doodgery het in die hof. Selfs al sit die bestuurder lewenslank, gaan dit nie opmaak vir die verlies wat Burry se mense beleef nie. Dit sal ook nie enigiets verander nie en ons paaie sal vandag net so gevaarlik wees soos gister.

My pa is self ongeveer 10 jaar gelede op sy fiets deur 'n voertuig getref. Dít terwyl hy besig was om op die sypaadjie te ry (tussen groot paaie en om die verkeer te vermy weens die tekort aan 'n ordentlike skouer op die pad). 'n Bakkiebestuurder (wat nie naby enige ander voertuie gery het nie) het eenvoudig besluit hy wil gou aftrek, sonder om te kyk of daar enigiemand op die sypaadjie is. Indien my pa daardie dag nie 'n valhelm gedra het nie was hy nie vandag met ons nie en indien daar 'n kind of ander voetganger geloop het sou die persoon dit nie oorleef het nie.

Ek weet ook van direkte vriende wat geraak is deur familielede wat van hul fietse afgery is, wat nie so gelukkig soos my pa was nie.

Ek probeer nie dié situasies met Burry s'n vergelyk nie, maar dit is net nog 'n paar van die eindelose stories van fietsryers vir wie ons paaie geen beskerming gebied het nie.

As die pad nie veilig genoeg is vir 'n Olimpiese atleet wat goed bewus is van die gevare daarvan nie, is dit nie veilig genoeg vir enigiemand nie.  

'n Mens sou hoop dat Burry se tragiese dood ons regering en die owerhede sou aanspoor om 'n wesenlike plan in werking te stel vir die veiligheid van ons padgebruikers. Tog hou ek nie my asem daarvoor op nie.

In 'n land waar die regering oor die afgelope bykans 20 jaar nie die basiese veiligheid en lewensstandaard van ons mense onder beheer kon kry nie, is die veiligheid van padgebruikers en fietsryers baie laag op die prioriteitslys.

Die moord van boere op hul plase is nie 'n prioriteit nie. Armoede en die verskaffing van basiese dienste in soveel gedeeltes van ons land is nie 'n prioriteit nie. Ons onderwysstelsel is in 'n totale chaos gedompel. Renosterstropery het heeltemal hand uitgeruk. Die sterftesyfer op paaie oor vakansietye styg jaar na jaar.

Daar is 'n lang lys van probleme waaroor ons owerhede net geen beheer het nie – en veilige paaie vir fietsryers is maar net nog 'n item op dié lys.

Meer tyd word deur ons politici gespandeer om mekaar in die rug te probeer steek en hul eie sakke vol te stop as om die werklike kwessies wat besig is om ons land se mense benadeel, te takel.

Indien iets verander, sal die pogings om dit te vermag deur die private sektor gedryf moet word.

Burry Stander is deur 'n taxi doodgery. Dit kon net sowel 'n vragmotor of 'n bakkie of een of ander voertuig gewees het. Baie klem val daarop dat dit 'n taxi was, maar die probleem is 'n mentaliteit onder bestuurders waar fietsryers en ander padgebruikers nie geag word nie, gekombineerd met 'n tekort aan veilige roetes vir ons fietsryers. Dit is dus beide 'n verandering in mentaliteit en infrastruktuur wat benodig word om verandering teweeg te bring.

Die Burry Stander-stigting is onlangs gestig en sal die proses dryf om wetgewing te verander om verskeie projekte wat veiliger padgebruik bevorder, te ondersteun.

Besoek gerus die webblad van die Burry Stander-stigting by www.burrystanderfoundation.org.

– Malherbe Pelser is 'n professionele fotograaf. Hy is mal oor mense, sport, musiek en reis. Jy kan hom hier volg op Twitter, sy webblad besoek by www.malherbepelser.com of saam met hom kuier op Facebook.

Stuur jou kommentaar aan Malherbe

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.