Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Liezl Temmingh

SA kan by dié mense leer

2012-10-04 08:47
Tweets Share Share line Print

Ek is nie een vir die gim nie.

My chiropraktisyn probeer my so elke derde maand, wanneer ek haar vir ‘n sessie of twee besoek, oorreed om meer oefening te kry.

“Dis nie net gerugte nie, Liezl. Oefening ís goed vir jou,” maan sy. Maar ek wil haar nie glo nie.

En so kry ek toe ‘n jaar of wat gelede vir my ‘n gim-kaart. Dis omtrent waar dit begin en geëindig het. Ek het so ‘n paar keer joga-klasse bygewoon en myself met ‘n dikbek na die trapfiets en sy maatjies gesleep, maar dis nou glad nie wat ek lekker noem nie. Ek het soos ‘n hamster in ‘n hok gevoel. Die ander hamsters verkyk hul aan die figuur in die spieël. Ander verloor hulleself in hul iPhones.

Nou met die son wat nie meer so skaam is nie, het ek onlangs besluit ek gaan die promenade in Seepunt weer ‘n kans gee. ‘n Gratis gim by die see. Plus, dis ‘n paar treë van my woonstel af. Wie kan dit nou weerstaan?

Ek het eendag ná werk by die huis aangekom en outomaties my tekkies in my kas uitgegrawe en ‘n sweetpakbroek en ‘n hoodie aangegooi. Niks het by mekaar gepas nie; nie eers die vlekke op die eeue oue hoodie nie.

Toe’s ek uit by die deur nadat ek al huppelend die koeke uit my mp3-speler se oorfone losgewikkel het. Ek’s reg vir die pad.

My amptelike roete begin by die gemeenskaplike swembad en eindig by die ligtoring. Dan weer terug. Hier gaat ons!

Ek kry die gepaste musiek reg en gee my eerste tree terwyl ek die kelpagtige seelug diep in en uit asem.

Als wat ek deur my brilraam sien, word dadelik omskep in die openingstonele van ‘n fliek. Die musiek wat my ore streel word toe die klankbaan vir dié beelde.

Dit was asof ek Amelie was; daai deel in die fliek waar sy die blinde verbyganger aan sy arm gryp en saam met hom vinnig deur die strate van Montmartre vaar en als wat in die omtrek gebeur, aan die man met sy loopkierie beskryf: “Die bloemis lag. Hy’t kreukelrige oë. Stokkielekkers in die bakkery se venster. Ruik dit net! Hulle deel spanspek-skywe uit... ‘n Baba kyk na ‘n hond wat die hoenders in die rotisserie-oonde dophou!”

Nes sy, wou ek mense vertel wat ek gesien het toe ek so langs die pragtige promenade drafstap.

Daar sit ‘n oom in ‘n pak en boeklees. Sy senior burger Jack Russel sit lojaal langs hom. Verder langs my roete speel ‘n blondekoppie met ‘n swart seuntjie op die rondomtalie en ‘n ouma geniet die buitelug-gim langs ‘n kleurling tannie met krullers in die hare. ‘n Labrador wat breëbek glimlag, hardloop volspoed agter ‘n frizbee aan.

Verder aan sit ‘n jong meisie en ‘n ouer vrou op ‘n bankie. Die vreemdelinge gesels dik stukke. Duskant hulle sit ‘n jong, verliefde paartjie van verskillende rasse en koer vir mekaar.

Kampsbaai-tannies met perfekte manicures, ‘n sokkerspan wat draf, haweloses en branderplankryers, ‘n lesbiese paartjie wat hand in hand wandel, seemeeue, roomysverkopers. Almal is welkom op die promenade.

Ek trek nou al by Drieankerbaai en kan nie help om vlugtig aan Ingrid Jonker te dink nie. ‘n Brander slaan teen die promenade en die seewater spuit liggies oor my uit. Ek voel lewend en vol hoop en skiet ‘n vinnige gebed van danksegging die lug in.

Dit maak my so seer om daagliks te sien hoe ons nie verdraagsaam teenoor mekaar kan wees nie; teenoor homoseksuele mense, mense wat anders as ons lyk, voor ander gode neerbuig of selfs teenoor ons eie gesinne.

Die promenade troef rassisme, homofobie en die geneigdheid om jouself met plastiese dinge te omring.

Daardie dag het die promenade my ‘n blik gegee op hoe ons pragtige land kan wees. Verdraagsaam en vreedsaam. En soos ‘n hond wat sorgloos en sonder ‘n leiband kan hardloop.
 
 – Liezl Temmingh is ‘n joernalis vir Nuus24. Jy kan haar hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Liezl

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.