Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Liezl Temmingh

Pavarotti en honde-asem op die lang pad

2012-12-13 08:06
Tweets Share Share line Print

Dit was altyd my taak om die musiek vir die lang pad saam te stel wanneer ons gesin met vakansie gegaan het. Ek dink ek was laas ‘n tiener toe ons almal die pad saam aangedurf het. En daar was altyd drama wanneer dit gebeur het.

Gooi twee ouers, drie kinders wat elkeen vyf jaar van mekaar verskil in ‘n kar, en sit sommer ‘n hond ook by, en sê jy nou vir my dit gaan nie in trane eindig nie.

Ek het altyd die musiek gekies waarvan ék destyds gehou het. My ouers kon ook net só lank na Nirvana, Skunk Anansie, Alanis Morissette en my tiener-rebellie luister, voordat hulle na Classic FM of RSG oorgeskakel het. Hul Pavarotti and Friends-kasset was ook altyd ‘n gunsteling. Selfs die klipharde klanke van die radio wat gesukkel het om in die Karoo op te vang, was meer strelend op hul ore.

Ek’s dikbek dat ons nie na my musiek luister nie. Terselfdertyd gil my suster vir ‘n spinnekop wat per ongeluk ‘n saamrygeleentheid kry, boetie krap in sy neus en hond se asem hang in die lug. Verdraagsaamheid en geduld gaan sommer vinnig saam met brak se gwel by die venster uit.

Darem kan ons vandag lekker hieroor saam lag.

En so lig my ma my ‘n paar dae gelede in dat ons volgende week “saam as ‘n gesin” ‘n rehabilitasie-stigting (vir cheetahs, darem) as ‘n uitstappie gaan besoek. Almal is oor die feestyd weer saam onder een dak, so my ouers wil iets spesiaal vir ons doen. En die musiek is weer my baby.

‘n Rukkie later spring ek aan die werk om CD’s vir die pad te begin skryf. “Maak ‘n mixed grill,” sê my ma toe ek hul versoeke aanvra. So, die playlist vir die pad na die mak cheetahs strek van Tchaikovsky, Nina Simone, Jimi Hendrix, Metallica, Rolling Stones, Queen, The Beatles tot Muse en Kings of Leon. Niks se ge-“Smells like teen spirit” en “O sole mio” dié keer nie.

Ek begin toe stelselmatig verskillende tipe musiek-genres bymekaar skraap sodat almal se smaak op die lys is. Ek besef toe hoe nostalgies musiek my kan maak; hoe dit ons vyf verskillende persoonlikhede oor die jare saamgeweef het en watter groot rol dit in my kinderjare gespeel het. Dit was áltyd daar.

Soos ek deur klassieke stukke vir die langpad gegaan het, het herinneringe wat diep gewortel gelê het, in my geestesoog verskyn. Tchaikovsky se eerste klavierkonsert (heel gepas, ook in die film The Music Lovers) is byvoorbeeld op die lys.

Skielik onthou ek ‘n toneel wat hom seker so 15 jaar gelede in ons huis afgespeel het. Dié sterk en roerende stuk het op ‘n warm somersdag deur die huis basuin. Boetie hardloop net in ‘n nappy in die huis rond. Skielik gaan staan hy op die eetkamertafel, gryp pa se dirigeerstokkie en begin sy arms ruk. Dit word eers so halfhartig gedoen, maar later swaai sy hande só dat sy wangetjies hop. Dis een van die mooiste herinneringe wat ek tot vandag toe van hom het.

Tydens my voorbereiding vir die byna onmoontlike taak om vyf mense vir etlike ure in ‘n motor gelukkig te hou, kom ek op ‘n tango af wat die befaamde violis Itzhak Perlman graag speel. Dié stuk vorm ook deel van die asemrowende toneel uit Scent of a woman, waar ‘n blinde Al Pacino met ‘n beeldskone vrou dans. Van hierdie stuk, kan ek nie genoeg kry nie. As ek dit hoor, dink ek aan die handjievol kere wat my tienerwoede vir ‘n paar minute bedaar het, en ek my pa gesmeek het om dit vir ons te speel. Hy’t sy viool dan afgestof en sommer in die kombuis konsert gehou.

Verder in my soeke na die perfekte playlist, spring nóg herinneringe toe in my gedagtes op, soos ma wat vir ons klavier speel, en ek en my suster wat in haar lang, wit nighties balletkonsert in die sitkamer hou.

Ek besef toe hoe bevoorreg ek was dat ons huis byna by sy nate wou bars van al die musiek wat konstant deur die gange gesweef het.

Of dit nou Brahms, MTV, rock, jazz of een van die kinders was wat vir ‘n Unisa-musiekeksamen geoefen het; musiek was áltyd daar.

“My heart will be blessed with the sound of music...” het Maria von Trapp altyd in die berge gesing. Ek is gelukkig dat myne ook so ryklik geseën is.

 – Liezl Temmingh is ‘n joernalis vir Nuus24. Jy kan haar hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Liezl

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.