Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Liezl Temmingh

Verskille gee verhoudings skop

2012-11-12 08:17
Tweets Share Share line Print

Ek onthou my laaste dag op Potchefstroom baie goed.

Die trane het behoorlik geloop toe ek my beste vriendin, Liza, finaal moes groet. Ons het nie geweet wat om vir mekaar te sê nie. Daar was letterlik geen woorde om ons fantastiese studentejare saam te beskryf nie.

Ek onthou hoe ek toe vier jaar se herinneringe in bokse moes pak, die laaste stukkie prestick van die muur moes afhaal en hoe PUK FM vir oulaas al sukkelend in my kamer opgevang het. My hele lewe wat ek toe geken het, moes in my karretjie geprop word en die sowat 700 km na KwaZulu-Natal oorleef.

Maar wat ek die beste onthou, is hoe die elektriese nagmerrie wat vir my in my kamer gewag het, ‘n titseltjie komiese verligting op hierdie hartseer dag gebring het.

My pa het hierdie... wat sal ons dit nou noem... gawe (?) om elektriese goedere op ‘n kreatiewe (?) wyse lewe te gee.

Ja, my yskas, mikrogolf, CD-speler, elektriese kombers, toaster en studeerlampie was almal aanmekaar gekoppel en het na één... enkele... kragprop gelei. My pa het dit só geïnstalleer toe hy my aanvanklik kom help intrek het.

Daardie dag moes ek elke toestel se drade individueel afknip om die items van mekaar los te maak, sodat dit makliker getrek kon word. Die arme siel wat my yskas by my gekoop het, was seker baie verras toe hy sien sy nuwe item het nie eers ‘n kragprop nie; net ‘n kort kragdraad wat by die onderkant uitsteek.

My pa doen hierdie nou al jare lank. Dis sy kenmerkende styl wanneer dit by elektriese sake kom.

My ouers het onlangs hul kombuis ‘n bietjie laat opknap. Een van daai fancy extractor fans was deel van die nuwe bykomstighede waarmee die vertrek sou spog.

Die kombuis is later klaar opgekikker en dis tyd dat ek en my sussie ‘n bietjie gaan kuier. Die oggend ná ons aankoms, begin Elize vroeg aan die gil raak. “My kamer ruik soos gekookte hoender!”

My pa se geheime oplossing vir dié waaier, was dat al die reuke sommer in my suster se kamer, wat reg bo die kombuis is, sy extracting-werk doen! Die reuk van die hoender-en-rys-affêre wat ons huishulp die oggend vir ons bedorwe honde gekook het, het toe lekker in my suster se kamer gaan hang.

So, ja, dis nie vreemd om te hoor dat jy nie ‘n kamer se lugverkoeling kan aanskakel nie, want dan werk die buitelig, toaster of swembad-pomp nie. O, moet ook nie daai haardroër te lank gebruik nie, anders gaan die hele huis se krag af. Natuurlik sit ek nou ‘n bietjie aan, maar dit is nou al ‘n running joke in ons huishouding... my pa maak “hot connections.”

Toe laat dit my dink... Hierdie obskure verbindings is eintlik baie soos die verhoudings wat ons met geliefdes en ander het.

Ons het almal mekaar nodig om aan die lewe te bly, al pas ons nie regtig by mekaar nie. Een mens is die raserige grassnyer; die ander een die versorgende elektriese kombers, terwyl die unieke een die creepy crawly en die ander een die gesondheidsbehepte smoothie-masjien is.

Ons verstaan mekaar nie altyd nie, maar probeer hard om verdraagsaam teenoor almal se verskille en behoeftes te wees. Soms werk ons mooi saam en kan nie sonder die ander een bestaan nie; ander kere vryf ons mekaar lelik op, wat dan tot ‘n mini ontploffing kan lei.

So, wees lief vir mekaar en omhels daai verskille. Dis waar ware elektrisiteit vandaan kom.
 
 – Liezl Temmingh is ‘n joernalis vir Nuus24. Jy kan haar hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Liezl

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Bramley - 07:23 AM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at High Road - POINTSMEN on duty
  • Wednesday North Riding - 07:23 AM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road - POINTSMEN on duty
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Stock Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Inventory Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Finanical Manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.