Leopold Scholtz

Regstellende aksie het Afrikaners ook gehélp

2010-02-19 08:10
Tweets Share Share line Print

Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) het klaarblyklik ’n – onbedoelde – positiewe uitwerking op Afrikaners gehad.

Volgens mnr. Frans Cronjé, adjunk- uitvoerende hoof van die SA Instituut vir Rassebetrekkinge, het dit ’n groter sin vir entrepreneurskap in dié groep wakker gemaak wat mense onafhanklik gemaak het en bereid om risiko’s te neem.

As hy reg is, beteken dit ’n fundamentele verskuiwing in die Afrikaners se ekonomiese wêreldbeskouing.

In die jare van sy bewind (1652-1795) het die VOC se beleid eintlik slegs ’n enkele beroep vir koloniste moontlik gemaak: dié van boer.

Namate die Suider-Afrikaanse state in die 19de eeu ontwikkel is, het die beroepe van predikant, onderwyser en staatsamptenaar ook stadigaan beskikbaar geword.

Wat al dié bykomende beroepe gemeen gehad het, was dat die bekleërs maandeliks ’n salaris van ’n groot werkgewer, die staat of die kerk, ontvang het.

Die boere het uiteraard selfstandig gebly, maar vanaf die laaste dekade of twee van die 19de eeu het ’n toenemende hoeveelheid grondlose Afrikaners na die stede uitgewyk en ’n arm onderklas geword wat met welsyn aan die lewe gehou moes word.

Die Transvaalse Republiek het byvoorbeeld ’n derde van sy begroting bestee om armblankes aan die gang te hou.

Dit alles het ’n diepe afhanklikheid by Afrikaners gekweek.

Prof. R.W. Wilcocks, lid van die Carnegie-kommissie van ondersoek na die armblanke-vraagstuk, het byvoorbeeld geskryf van die Afrikaners se “neiging tot passiwiteit, wat soms aan fatalisme grens”.

Geen wonder nie: In 1939 was Afrikaner-ondernemers vir slegs 0,45% van die bruto binnelandse produk verantwoordelik en het Afrikaners slegs 3% van die maatskappy-direkteure en 8% van die land se bestuurders uitgemaak.

Daarteenoor was hulle 50% van die fabriekswerkers, 69% van die mynwerkers en 82% van die ongeskoolde werkers.

Daar was weliswaar uitsonderings. ’n Mens dink byvoorbeeld aan Jan Marais, Tienie Louw, Albert Wessels en Anton Rupert, maar hulle was enkelinge.

Ook het die Afrikaners hulle – deels met staatshulp – uit die moeras van armoede getrek danksy die onvermoeide ywer van talle idealiste in die kerk en die onderwys. Teen die jare veertig van die 20ste eeu was die ergste probleem agter die rug.

Tog is ’n patroon gevestig waar die oorweldigende meerderheid van die Afrikaners loontrekkers was. Hulle het vir die staat of groot maatskappye gewerk, en min het entrepreneurskap aan die dag gelê.

Om jou eie groentewinkel oop te maak, jou eie loodgietersfirma te begin – dit is oorgelaat aan die Engelssprekendes, die Jode, die Griekse en Portugese immigrante.

Die passiwiteit waarvan Wilcocks gepraat het, is wel sterk verminder, maar op ekonomiese terrein nooit heeltemal oorbrug nie.

Dis waar, ’n aantal maatskappye wat as uitgesproke Afrikaner-ondernemings begin het (Naspers, Sanlam, ensovoorts), het reuse geword.

Maar, soos die ekonomiese historikus prof. Grietjie Verhoef ’n paar jaar gelede in die Akademie se jaarlikse Hertzog-gedenklesing aangetoon het, hulle het dié etniese agtergrond ontgroei.

Die ANC se benadering sedert 1994 het egter ’n stokkie gesteek voor die Afrikaners se veilige nessie as loontrekkers.

Volgens die ANC-ideologie moet die staat nou aan swartes voorkeur gee; vandaar regstellende aksie en SEB.

Baie Afrikaners kla dit het handuit geruk, dat dit gelei het tot ’n bloedskandelike bevoorregting van enkelinge met die regte politieke konneksies wat stinkryk geword het sonder om veel waarde tot die ekonomie toe te voeg.

Heeltemal tereg – die staat en die ekonomie word behandel as iets wat byna na willekeur geplunder kan word, pleks van ’n instrument om welvaart deur groei te genereer.

Maar dit het klaarblyklik die onbedoelde gevolg gehad dat Afrikaners ingesien het dat hul ekonomiese toekoms as loontrekkers toenemend afgesny word.

Dus het hulle toenemend hul eie ondernemings gestig en werk en welvaart geskép.

Dis uiteraard ’n pynlike proses. Baie het hul werk verloor, moed verloor of geëmigreer. Daarvoor kan ’n mens begrip hê.

Maar op die duur kan die ANC-beleid die Afrikaners op ekonomiese terrein in ’n baie gesonder posisie plaas as voor 1994. Uit die slegte word die goeie soms gebore.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger
 

Stuur jou kommentaar aan Leopold

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Leopold Scholtz-kommentaar

Jan sê... Ek dag dit is 'n artikel oor my Goue Leeus se rugby sovêr. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.